Foto’s: Demi-Leigh, verloofde vier eg Suid-Afrikaans fees

Demi-Leigh en Tim by een van die vieringe voor hul troue (Foto: Hanri Human via Instagram)

Demi-Leigh Nel Peters, die voormalige Mej. Heelal, en haar verloofde, die professionele Amerikaanse bofbalspeler Tim Tebow, het die afgelope naweek spoggerige partytjies gehou om hul huweliksviering mee af te skop.

Daar was twee geleenthede in die Wes-Kaap: die een met ʼn eg Suid-Afrikaanse tema en die ander ʼn eietydse skemerkelkiegeleentheid. Tebow se hele familie het na Suid-Afrika gekom vir dié geleentheid.

Hoewel daar bespiegel is dat dié twee gesellighede verband hou met die twee se troue, is inligting omtrent hul troue nog nie bekend nie.

Tebow en Nel-Peters het albei Saterdag foto’s van ʼn geleentheid gedeel waar Tim in ʼn spoggerige ligpienk pak geklee was en Demi-Leigh gesprankel het in ʼn wit Gert Johan Coetzee-vererok.

Na aanleiding van die foto’s en video’s wat bekendgemaak is, was daar gesigverf, tromspelers en braaivleis betrokke by die tipies Suid-Afrikaanse geselligheid. Gaste het rustig op tuinstelle en banke in die buitelug saamgekuier.

Nel-Peters het foto’s van die geleentheid op Instagram gedeel met die onderskrif “Welkom in Suid-Afrika”.

Demi-Leigh en Tim by ‘n skemerkelkie voor hul troue (Foto: Hanri Human via Instagram)

Daarna het die paartjie ʼn elegante skemerkelkie bygewoon, waar Nel-Peters ʼn rooi katpak met krale op geborduur aangehad het. Tebow het ʼn wynrooi pak gedra.

Een lang tafel het plek gemaak vir gaste om te sit. ʼn Verskeidenheid pienk blomme het uitgestaan teen die swart dekor van die aand, waarvoor Zavion Kotze gesorg het.

Tebow het in ʼn toespraak by die skemerkelkie gesê dat hy bly is dat hulle hul viering in Suid-Afrika kom hou het.

“Niks sou dieselfde gewees het as sy [Nel-Peters] nie by die huis was nie. So ek wou haar eer deur hierheen, na Suid-Afrika, te kom. En wil dankie sê dat julle vir haar ʼn plek gee waarvoor sy so baie lief is,” het hy gesê.

Nel-Peters en Tebow het ontmoet terwyl sy die Mej. Heelal-kroon gedra het in 2018. Hulle het op 9 Januarie 2019 verloof geraak en albei woon tans in New York.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jo ·

@MyMening, Jip, en nie eenkeer word daar gese hoe sy haar Ex gebruik het om te kom waar sy nou is nie.

Linda ·

n Pragtige, gelukkige paartjie. Ek is bly hulle trou in ons land !

Linda ·

Natuurlik moet hulle lief vir die kollig wees, sy was immers ons eie Mej Suid-Afrika en Mej Heelal gewees en hy n bekende in sport kringe ! Hulle verdien dit en al die aandag !!!

Linda ·

Dit was nie altyd maanskyn en rose vir Demi nie, nes ons huidige Mej Heelal. Albei was in die diep kant in New York ingegooi. Demi is deur diepe hartseer met die wete dat haar enigste sussie baie siek was hier, en intussen oorlede is. Tim en Werner Wessels was altyd daar vir haar gewees, dis nie maklik nie. Ek wens hulle net die heel beste toe vir die toekoms en mag hul tot in ewigheid so gelukkig wees !!!

Mrs Schutte ·

Ek het aan die einste gedink, in die agter grond dink ek moet sy haar sussie vreeslik mis wat nie daar is nie

Linda ·

Ja Mrs Schutte, Demi was absoluut hartgebroke. Sy het alles vir haar sussie gedoen, die skoonheid kompetisies, ens, en het keer op keer weg gebreek uit New York, om haar sussie hier te kom sien.

Anoniem ·

Sy is beeldskoon! Pragtige paartjie ! Hulle is mooi van binne en buite!
Sy is absoluut stunning!

Chid ·

Ek sien dis weer suur Maandag vir party mense… anyway, 2 pragtige, gelowige mense . Ons is TROTS suid afrikaans…..

JK ·

@Willie, ek ken haar ja, ken haar ex baie goed, en het so haar ontmoet.

Dries Moolman ·

JK klink of daar meer agter jou mening sit, waarskynlik jaloesie en suur druiwe omdat jy nie ook die van die verhouding kon wees nie. Wat ‘n stupid comment…

Laetitia ·

Net te pragtig vir woorde. Hoop julle tweetjies geniet al die vieringe.Kan nie wag om jul trou fotos te sien wanneer die groot dag aanbreek nie.

nelspruitlaeveld ·

Hulle is toe getroud die naweek volgends Instragram .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.