Gewilde aktrise, regisseur baba ryker

Rolanda Marais, haar sesjarige dogtertjie, Charlotte, en haar baba, Naudé. (Foto: Instagram/Rolanda Marais)

Die gewilde aktrise Rolanda Marais en haar man, die rolprentregisseur Jozua Malherbe, het Vrydag ʼn babaseun in hulle gesin verwelkom.

Marais (44) en Malherbe het ook ʼn sesjarige dogtertjie, Charlotte. Die jongste toevoeging heet Naudé Jozua Malherbe, luidens ʼn Instagram-inskrywing deur die gewilde Fynskrif– en Binnelanders-aktrise.

“Onse boeta. Gebore 16 September 2022. Nie in ons wildste drome, en hier is jy… in ons wildste droom. So diep in ons harte. Welkom in die familie, mensie,” skryf ʼn trotse Marais by ʼn swart-en-wit foto van haar en Charlotte wat met die nuwe baba spog.

Marais het in Mei vanjaar verklap dat sy 20 weke swanger is met ʼn seuntjie. “Ek was stomgeslaan toe ek oor my swangerskap uitvind. Ek is 44 en ek het nie gedink glipse gebeur nog op my ouderdom nie.

“Die grootste glips van 2022! Maar ʼn welkom ene …” het sy op sosiale media geskerts.

Sy en Malherbe is in 2016 getroud en woon in Kaapstad. Malherbe is ʼn bekroonde vervaardiger en onder meer regisseur van die rolprent Griekwastad, waarin Marais ook ʼn rol vertolk.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Rolanda (@rolandamarais)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiewiet ·

Baie geluk julle…julle is ‘n pragtige gesin mag God julle nuwe baba saam met julle seën.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.