Karlien en Joe gaan weer ouers word

Karlien en Joe (Foto: Instagram)

Die bekende “Rooilipsoene”-sangeres, Karlien van Jaarsveld, is swanger.

Karlien het aan Maroela Media bevestig dat sy vir ʼn vierde keer swanger is.

Sy het reeds ʼn tweeling, Daniël en Eliah (5), saam met haar eksman en rugbyspeler Derick Hougaard, en ʼn tweejarige dogtertjie, Elah, saam met haar man, Joe Breytenbach. Sy het ook in 2015 op 19 weke ʼn miskraam gehad met ʼn dogtertjie wat sy Evah genoem het.

Karlien is tans 13 weke swanger. “Ek is baie dankbaar en opgewonde!” sê sy. “Ek wou nog altyd vier kinders grootgemaak het. Ek is dankbaar vir my vyfde babatjie en bid vir ʼn voltermynswangerskap,” sê sy.

Al Karlien se vorige kinders is vroeggebore. Volgens haar is die drie ander kinders opgewonde om nog ʼn boetie of sussie ryker te word.

Karlien sê sy en Joe gee nie om of dit ʼn seuntjie of ʼn dogtertjie is nie, solank die baba gesond is.

Karlien by haar ooievaarstee vir Elah (Foto: Instagram)

“Die tweeling het elkeen hul verskillende voorkeure van wat hulle graag wil hê die geslag moet wees, maar ek is baie dankbaar God neem daardie besluit vir ons en nie ek nie,” sê sy.

Karlien vertel dat sy vermoed het sy is weer swanger toe sy vreemde drange na bier begin kry het.

“Ek is nie ʼn groot bierdrinker nie, ek hou meer van wyn. Maar ek was elke dag lus vir bier, en toe het ek begin dink ek is swanger. Maar bygesê, ek dink omtrent elke maand ek is swanger,” skerts sy.

Sy het toe uiteindelik ʼn swangerskapstoets gaan koop, wat positief getoets het.

Indien Karlien vir ʼn volle termyn dra, sal die baba omstreeks Maart sy of haar opwagting maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Afrikaner ·

sy was nog net 4keer swanger nie 5 nie… n tweeling is een swangerskap.
baie geluk julle!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Nico Strydom ·

Dagsê Afrikaner
Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

anoniem ·

Dit is die 5de swangerskap, omdat sy die babatjie wat sy verloor het, ook by tel. Sy het immers daardie babatie ook gedra.

A ·

Die berig sê swanger vir die 5de keer? Wat mis ek? Sover ek dit verstaan van die res van die berig is dit haar 4de swangerskap.

Jakkie ·

Sy het ‘n miskraam gehad …… , dit beteken sy was vyf keer swanger. Ek hoop net nie ons gaan nou elke dag hoor van die swangerskap nie en maand vir maand sien hoe haar maag groei nie. Dan raak ek ook sommer swanger …..

Louise van Deventer ·

Ai Jakkie jy is nie baie slim nie. n Tweeling is een swangerskap. Nie twee nie…..

Faidan ·

Afrikaner & A, die is haar 5de swangerskap.
Haar eersteling is oorlede.

Anoniem ·

Faiden, n tweeling tel onder een swangerskap… so as jy tel, 1 saam Derick, een saam haar nuwe man en een miskraam… wat 3 is en dan nou die 4de swangerskap….

Annelize ·

Nee Faiden, haar eerste swangerskap was ‘n tweeling, haar 2de swangerskap het in ‘n miskraam geeindig.
Haar 3de swangerskap was klein Elah en hierdie is nou die 4de swangerskap.

Stokkies du Toit ·

Faidan jy is verkeerd. Haar derde kind is oorlede in swangerskap

lali ·

Ek was nooit iemand wat baie van Karlien as mens gehou het nie maar sy het my beslus oor gewen met haar ouerskap en wat se pragtige ma sy vir haar kinders is. Sy lyk ook altyd baie mooi en haar musiek is tans tops. Baie geluk julle!

Agie ·

Vierde……..
‘n Tweeling kom gewoonlik in een swangerskap voor.

Begeerte swanger magie ·

Baie geluk julle.
Ek wens ek kan so gelukkig wees om weer n swanger magie te kan geniet.

Maar ongelukig het die Here ander planne vir my en my gesin gehad toe ek in 2009 swanger geraak het en vol termyn kon geloop het tot in Maart 2010 waar ons geseen is met n pragtige dogtertjie Johané.

Voor haar was ek 2 keer swanger en dit het in 2 miskrame gehad..

Met My laaste swangerskap wat my 3de ene was, was daar komplikasies met geboorte en die bevaling en ekt inwendig seer gekry en my baarmoeder moes ongelukkig verwyder geword het.

So of mammas en pappas 1 of 20 kinders het wees bly en dank die here darvoor, want as jy nog kan swanger word is jy ge seen en het n vooreg.

Solank jy as ouer weet dis jou verantwoordlikheid om daai babatjie en kind veilig en versorg te hou.

Weereens baie geluk karlien en Jo!

Net so ·

Sy soek net sensasie. Is al wat sy soek. Shame kry maar min aandag dan bd huis…

Wenner ·

Net so, ek dink regtig jou opmerking is ongevraagd en onsensitief. My ma se spreekwoord was: as jy nie iets positiefs van iemand kan se nie, bly liewer stil. Kom ons juig saam met hulle oor die positiewe nuus!!

Nonsens Net So ·

Ag NetSo, jy klink bietjie bitter. Natuurlik kry sy aandag by die huis, sy dink dan elke maand sy is dalk swanger…

Beth ·

Sjoe, Thea, Daleen en Saarjie julle is darem gemeen.
Ek dink Karlien is ‘n wonderlike mamma en wens haar alles van die beste toe met die swangerskap.
Duidelik het julle nie ‘n idee hoeveel sy en Bobby vir mense wat minder bevoorreg is doen en gee nie.
Ek skaam my vir mense soos julle, my ma het my geleer as jy niks mooi het om te se nie, bly eerder stil

Poot ·

Ek hoop nie eks swanger nie. Ek het elke dag ñ drang na my bier….

Pim ·

Obviously jy, want jy lees die berig en los ‘n snedige opmerking!

Party mense bly maar net regtig bitter kleinlik.

Humbug ·

Blah blah blah blah blah. Miljoene vroue is swanger. En nee eks beslis nie jaloers ens nie.

Sam ·

Bitter jaloerse klomp vrouens hier. Julle laat my lag so pateties is jul.

Gary ·

Aandag soek……daar is miljoene mense( famous en minder famous) wat ‘n kind verwag. Huisgenoot sensasie.

Yvonne ·

Ai mense, sy is ook nie my gunsteling nie maar is dit regtig nodig om so gal te braak. Daar is mense wat van haar en haar musiek hou en daarom is die artikel vir hulle belangrik. Daar is soveel lelik in die wereld. Gun mekaar tog net die son wat oor hul skyn. Se eerder niks as jy niks goed het om te se nie.

Heini ·

Baie geluk Karlien en Joe. Hierdie jaloers opmerkings laat my darem lag. Ons normale mense lees nie sover as hulle nie in n onderwerp geintereseerd is nie. Ons ignoreer die berig na aanleiding van die opskrif Totaal en laat die mense wat geintereseerd is dit mos Lees. Daars mos genoeg onderwerpe vir almal se smake. ????

Ida Kriel ·

Ek ken Karlien nie persoonlik nie en weet van al die negatiewe stories (waarheid of leuens) wat haar omring, maar ek oordeel nie. Haar persoonlike lewe is tog net my persoonlike lewe, ons eie. Of sy nou bekend, beminde of geliefd is, is seker nie van belang nie. Dat sy wel weer swanger is, is eenvoudig kosbaar en hoe gelukkige vrou is sy nie om n nie lewe in haar baarmoeder te voel nie. Dit is DIE MEES FANTASTIESE GEVOEL wat daar op hierdie aarde is. Die voorreg van n Moeder om lewe wat elke dag groei te ondervind. Iets wat ek nie sal omgee om weer te he nie. Dis ongelukkig nie almal beskore nie. Baie geluk Karlien en Jo. Nog n pienkvoetjie wat mens net kan lief he meer as jouself.

Ida Kriel ·

Fout. Die nie n lewe is verkeerd. Wel dat sy bevoorreg is om n lewe te mag voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.