Luister: Mike Bolhuis gee raad oor slenters

Mike Bolhuis. (Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Tientalle mense bevind hulself vandag verstrengel in slenters, en dít sonder om te weet hoe hulle hulself daaruit gaan wikkel.

“Daar is soveel slenters daar buite, en hulle is eintlik al jare besig. Dit het net vermeerder en vererger,” vertel Mike Bolhuis, ʼn private ondersoeker, in Maroela Media se ateljee.

Dié slenters kom van hoek tot kant op die internet voor, en behels dikwels vreemde boodskappe op WhatsApp, of selfs verdagte plasings op Facebook.

Mense word dikwels met fopadvertensies op Facebook gevang, verduidelik Bolhuis.

“Dit kan enigiets wees op die mark – die nuutste skoene, groot vermaakgeleenthede, en so gaan dit aan tot karre, eiendom en vakansies.”

Die advertensie lyk aanvanklik heel aanloklik, aangesien die pryse laag is en die winskopie te goed lyk om waar te wees. Dit is juis waarom Bolhuis waarsku: “As iets te goed lyk om waar te wees, is dit te goed om waar te wees.”

  • Luister boaan na ʼn volledige klankonderhoud met Mike Bolhuis oor slenters en hoe om dit te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Alta Alleman ·

Ek was een van die dwase wat gevang was. Ek koop glad nie van die internet af nie.

George ·

Het jy ingeskryf? – Nee, moenie click of enige iets doen nie.
Is dit te goed om waar te wees? – Ja, moenie voort gaan nie.
Is dit n reputable maatskappy? Nee-moenie voortgaan nie.
Is dit n vreemde nommer – ja, block en moenie voortgaan nie.
Is dit n vreemde link van onbekende? – ja, moenie voortgaan nie.

Annakapat ·

Ek is skaam om te sê, maar ja, ek het ook in daai strik getrap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.