Plaaslike fliek eersdaags op Netflix te sien

Sandra Prinsloo in ‘Angeliena’. (Foto: Verskaf)

’n Moderne, post-apartheid Suid-Afrikaanse rolprent getiteld Angeliena, se première word vandeesweek wêreldwyd op Netflix vertoon.

Die fliek volg die reis van ’n voorheen hawelose motoroppasser, Angeliena, wat met ’n ongeneeslike siekte gediagnoseer is en nou haar lewenslange droom om te reis, gaan bewaarheid.

Die storie handel oor verskeie temas soos selfliefde, terminale siekte, egskeiding, die natuur, vriendskap, swaarkry, armoede, reis, skoonheid, aantreklike dokters, Nelson Mandela, ’n liefde vir plante, drome en om goed genoeg te wees.

Angeliena is plaaslik vervaardig en die rolprent spog met ʼn sterbelaaide rolverdeling wat akteurs soos Euodia Samson, June van Merch, Kuli Roberts, Nicole Madell, Tshamano Sebe, Colin Moss, Thapelo Mokoena, Marciel Hopkins, Schalk Bezuidenhout, Sandra Prinsloo en Toya Delazy insluit.

Die fliek is deur die veelbekroonde Suid-Afrikaanse rolprentmaker Uga Carlini geskryf, vervaardig en geregisseer. Sy het ook die rolprent Alison vervaardig en geregisseer.

Angeliena is ’n lewensegte, Suid-Afrikaanse storie, wat vertel word deur die hedendaagse reënboognasie, om ons ’n kant van die land en haar mense te wys wat ons nog nooit gesien het nie. Dit is ’n huldeblyk aan die nalatenskap wat hierdie land en sy goeie mense vir ons almal agterlaat, ’n nalatenskap wat ons kan toets,” sê Carlini.

Angeliena is ’n Towerkop Creations-produksie, in samewerking met die NFVF, DHNM en Mad Solutions, met die Suid-Afrikaanse Film- en Televisie (Safta)-bekroonde vervaardiger Dumi Gumbi, konsulterende vervaardigers Vlokkie Gordon en Himesh Kar, en uitvoerende vervaardigers Erik Toft, Rudolf Buitendach, Anton Nel, Faizal Cader en Khulekani Dlamini aan die stuur.

Die storie word met behulp van humor, hartseer en spatsels vreemde, visuele towerkrag vertel. Hierdie drama span die mag van veronderstelling ten volle in terwyl hy sy pad deur die sosio-ekonomiese hart en siel van die nuwe Suid-Afrika baan.

Angeliena se première is op Vrydag 8 Oktober op Netflix te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petra ·

Kan nie wag om die fliek te sien nie. Netflix behoort meer Afrikaans te hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.