Fliekresensie: Flou romanse in bekoorlike stad

LOVE IN THE VILLA     
⭐⭐⭐⭐/10   
Met Kat Graham en Tom Hopper
Regisseur: Mark Steven Johnson
(Slegs op Netflix)
 
Hoe graag ʼn mens ook al Love in the Villa wil aanbeveel, jou gewete gaan jou soos ʼn strykyster brand.

Natuurlik verkoop romanse sonder ʼn strepieskode, en as dit teen ʼn skilderagtige agtergrond afspeel, des te meer, maar daar was al hoeveel rolprente oor ʼn haat-liefde-verhouding in Italië. Dié slag in Verona.

Hoekom juis Verona wat dalk nie so bekend is nie? Want dit is waar Romeo en Juliet gewoon het, en waar haar bekende balkon sou wees waarop sy gestaan het toe Romeo daaronder sy liefde verklaar het.

Kat Graham en Tom Hopper in ‘Love in the Villa’. (Foto: IMDb)

Die probleem is net: sjarmant soos Kat Graham en aantreklik soos Tom Hopper is, glo ʼn mens nie ʼn oomblik dat hulle smoorverlief is nie. Gehore verkyk hulle aan die natuurskoon en die beeldskone antieke ou stad, maar die moderne mense is so irriterend.

Love in the Villa is so voorspelbaar soos jou beurtkragskedule, maar darem nie so irriterend nie. En daar is meer lig.

As jy sommer net wil fliek vir die lekker, maak nie saak wat ʼn suur resensent snater nie, mag dit gemaklik met ʼn blok sjokolade afgaan. Maar nét dan!

Love in the Villa is op Netflix beskikbaar, maar moenie te veel verwag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Delia ·

Ek het gehou van die fliek. Pragtige tonele…mooi drome..gemaklike spel. Dis juis hoekom mens nooit net op resensies gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.