Kanarie is ʼn musikale oorlogsdrama wat afspeel in Suid-Afrika in 1985 en vertel die storie van Johan Niemand, ʼn jong seun wat in ʼn tyd van onderdrukking gedwing word om sy identiteit te vind.
Wanneer Johan Niemand vir militêre diensplig opgeroep word, lê hy ʼn oudisie af vir die Suid-Afrikaanse kerkkoor en konsertgroep, die Kanaries, en word aanvaar.
In ʼn politieke landskap waar wet en godsdiens individualiteit onderdruk, moet Johan en die Kanaries militêre opleiding doen en daarna op ʼn landwye toer gaan om mense te vermaak en geloof in die kerk en weermag te versterk.
Op toer ontwikkel Johan gevoelens vir ʼn medekoormaat en dit veroorsaak dat hy alles oor homself en sy wêreld bevraagteken. Hy ontmoet verskeie karakters op toer, sommige trots op die koor se pogings en ander wat hom bewus maak van die werklikheid en uitwerking van apartheid in Suid-Afrika. Namate Johan sy geloof, patriotisme en seksualiteit bevraagteken, lei sy kreatiwiteit en passie vir musiek tot ʼn direkte konflik met sy bevelvoerders.
Die fliek is gegrond op ware gebeure en is uit die pen van Christiaan Olwagen en Charl-Johan Lingenfelder.
Die span van Kanarie is op verlede jaar se Silwerskermfees in Kampsbaai met vyf toekennings vereer: beste produksie-ontwerp (Rocco Pool), beste redigering (Eva du Preez), beste regisseur (Christiaan Olwagen) en beste vollengtefliek. Germandt Geldenhuys is ook vereer as beste manlike byspeler.
Met Schalk Bezuidenhout, Hannes Otto, Germandt Geldenhuys, Gerard Rudolf, Jacques Bessenger, Ludwig Binge, Francois Jacobs, De Klerk Oelofse, David Viviers, Andrico Goosen en Beer Adriaanse.
Sal dit beslis `n mis gee.
Ek stem 100% saam Peter.
Gaan hierdie een ‘n mis gee.
Ek gaan hom verseker kyk. Heel opgewonde oor die fliek.
Stem Pieter, Peter en Johan. Gaan die een ‘n groot systap gee en totaal verhoed om my te vervies.
Sou wou kyk, tot ou Koster opgekom het. Nou hou ek maar net verby.
Ek het simpatie met die tema dat die uitsondering altyd gedwing word om by die meerderheid aan te pas. Persone wat nie inskakel in die groep nie, word altyd geviktimiseer. Dit was beslis so in die ou dae en niks het verander nie. Nie dat ek van plan is om die fliek te gaan kyk nie.
Dié tema is al so holruggery, dat ek ook beslis nie sal geld uitgee vir ‘n kaartjie nie.
Ek het die lokprent op Kyknet gesien en moet toegee dat Germandt Geldenhuys se ”Nader my God by U” hoendervleis gee.