ʼn Kleurvolle gesinsfees vir ʼn goeie doel

Die Colour Splash Fees beloof om ‘n kleurvolle familie-vriendelike sportbyeenkoms te wees. (Foto: Verskaf)

Die Colour Splash‑fees op Rawsonville wat tussen die Paarl en Worcester geleë is, beloof om die kleurvolste gesinsvriendelike sportbyeenkoms te wees.

Dié fees vind op Saterdag 3 November plaas en word in samewerking met die Kleinspan‑kleuterskool en die Rawsonville‑gemeenskap aangebied. Die fees bied ʼn verskeidenheid sportaktiwiteite soos fietswedrenne, pretdrawwe, toutrek en raak-rugby aan. Vir diegene wat hul litte wil losmaak, is daar ʼn Zumba‑byeenkoms.

Daar sal ook ’n kleurvolle 2 km‑ en 8 km‑pretdraf wees. “Elke sportaktiwiteit gaan ’n poeier-stasie met ’n verskeidenheid kleuresakkies hê om die dag mee op te helder,” lui ʼn verklaring.

Die Colour Splash Fees beloof om ‘n kleurvolle familie-vriendelike sportbyeenkoms te wees. (Foto: Verskaf)

Dié sakkies sal gedurende die sportaktiwiteite in die lug gegooi word om ʼn vrolike, kleurvolle atmosfeer te skep.

Buiten al die sportaktiwiteite gaan daar ook ’n verskeidenheid stalletjies wees met smullekker kos, handwerk, ʼn biertent, ‘n verskeidenheid wyne van plaaslike wynkelders en hope vermaak vir die jongspan – afgerond met ’n plattelandse kuier met platejoggies en musiekoptredes.

Die doel van die Colour Splash‑fees is om in die plaaslike gemeenskap terug te ploeg deur die dag se winste te skenk.

Vir meer inligting en kaartjieverkope, besoek die webtuiste by www.coloursplash.co.za  of kontak [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bekommerd ·

Op die oogaf lyk kleurfeeste na vet pret, wat dit seker tot ‘n mate is. Maar gaan doen asb navorsing, en vind self uit by watter geloofsgroep kleurfeeste se wortels lê…. voordat jy of jou kinders betrokke raak. Ek weet almal sal nie saamstem nie, maar indien jy bereid is om te kies teen die verkeerde dinge, gaan doen jou navorsing en wees ingelig.

Neels ·

@Bekommerd, ag asseblief, dié is pret, en my kids kan enige tyd dit doen en dit geniet ook! Net soos ek my kleintjie vat om te gaan trick or treat met Halloween, net soos hul ook Santa geniet. Hou op altyd “ander gelowe, en kulture” koppel met alles.

Mohamed ·

En wat se vir jou eks nie deel van daai geloof nie? en dat jy helemal verkeerd is nie, en dat dit bitter ongeskik en onvanpas is dat hierdie jong afrikaners wat niks weet van die geloof af hul kom geniet nie?

Ons moet in liefde waarsku ·

Mohammed dan as die kinders niks van die geloof weet nie en hulself net kom geniet dan is Bekommerd reg om te waarsku, want Jesus se ons almal wat in die geloof is is die watchmen – gaan lees in Ezekiel 33 – want as ons nie waarsku nie en hulle nie repent nie se Jesus gaan ons verantwoordelik gehou word vir hulle bloed, maar as ons waarsku soos Bekommerd doen en hulle kies om nie te repent nie dan is hulle bloed nie op ons hande nie want ons het gedoen wat die skrif vereis het. Kom ons wees almal nie net in geloof en doen wat ons wil nie, maar wees in geloof en doen wat God van ons vereis sodat almal die Goeie Nuus kan hoor van Jesus.

Ook bekommerd ·

Stem 100% met jou saam. En Ja, “met liefde” is die belangrikste deel. Soos ek glo Bekommerd dit bedoel het.

Blommie ·

ai ai ai… Wat sal ons lewe wees sonder PRET mense.
Die bybel STAAN, wanneer jy as mens afgod maak van enige iets is di verkeerd.
maw… As jy nie genoeg kan kry daarvan of SONDER dit kan klaar kom nie.
Dan is dit verkeerd, dieselfde me t drank, kan jy matig geniet.
God het nooooooit gese ons mag GLAD nie drink of glad nie tv kyk of GLAD nie pret he of glo nie.
So hou tog die geloof hier uit, dis bloot pret. O ja het vergeet in vandag se lewe mag kinders mos nie pret he nie. eerder dwelms gebruik of verkeerde goed doen.
Nee wat! Julle vergeet waaroor die lewe gaan en vergeet self wat dit was om net n kind te wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.