4 Keeps- Stephan Visagie

4 keepsDie afgelope tyd is daar ‘n hele klompie kunstenaars wat gewild geword het op gemeenskapsdradiostasies, maar wat nie regtig so bekend is in gebiede wat buite daardie stasies se uitsaaigebiede val nie.

Stephan Visagie het baie gewild geword op Bok Radio met sy trefferliedjie For keeps, wat intussen die titelsnit van sy debuutalbum geword het.  Soos die meeste van die snitte op die album is die eerste snit, Kronkelpad, Stephan se eie komposisie.Dit is beslis ‘n snit met trefferpotensiaal. Dieselfde geld die volgende snit, Heilbrondam, wat dalk meer by plattelandse luisteraars byval sal vind. Die titelsnit was wel al ‘n treffer op Bok Radio, maar noudat Stephan by ‘n gevestigde platemaatskaapy is, sal dit ook nou landwyd gewild word. Kommin klink miskien asof dit effens platvloers behoort te wees, maar dit is nie. Die boodskap is eerder dat ‘n doodgewone mens goed genoeg is vir sommige mense.  Stef Kruger het twee snitte op die album geskryf; Vergeet is die eerste daarvan, en dit is ‘n bewys dat Stef een van ons land se beste liedjieskrywers is. Los my hart is nog ‘n goeie snit,en baie mense sal met die woorde kan identifiseer. Die banjo op die volgende snit, Suideson, klink baie goed; dit is glo een van dertien instrumente wat Ricus Nel kan bespeel; dié snit sal veral by die meer patriotiese luisteraars onder ons byval vind.  Op Maybe speel Ricus die pedaal-staalkitaar, en Stephan bewys dat hy net so goed in Engels as in Afrikaans kan sing en skryf.

In Langkloof sing Stephan van die Oos-Kaap, veral die omgewing naby Port Elizabeth, maar dit behoort byval te vind by luisteraars vanoor die hele land. Hiedie snit is die ander komposisie van Stef Kruger op dié album. Sorry-sê behoort een van die groot treffers vanaf die album te wees. Toe jy geloop het is ‘n pragtige snit, en dit wys Stephan se veelsydigheid as liedjieskrywer. Die laaste drie snitte is almal bekend. Gene Rockwell se groot deurbraak op die plaaslike musiektonel het in 1964 gekom toe hy ‘n reuse treffer met Heart gehad het. Stephan se weergawe vergelyk baie goed met die oorspronklike een, maar niemand kan dit met soveel emosie sing as wat Gene Rockwell gedoen het nie. Hierdie emosie was egter dalk oordrewe, en daarom is Stephan se opname dalk vir meer mense verteerbaar. Queen of the silver dollar is al deur onder meer Dr. Hook opgeneem. Aan die begin klink Stephan se opname soos ‘n ou plaat; dit is ‘n teken van ‘n uitstekende verwerking. Die laaste snit op die album is Koos du Plessis se Gebed. Christa Steyn se naam word genoem as die pianis op hierdie opname; sy is in Junie verlede jaar oorlede, en daarom is hierdie snit lank al opgeneem.

Stephan is seker een van die beste nuwe kunstenaars op die plaaslike musiektoneel. Hy is ‘n uitstekende liedjieskyrywer, en selfs die opnames van die bekende liedjies wat hy ingesluit het, is baie goed. Hopelik sal ons nog baie van hom hoor!

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Ida Jordaan ·

Daantjie, baie dankie vir ‘n uitstekende resensie oor ‘n uitstekende kunstenaar!

petro neethling ·

Stephan is voorwaar ‘n voortreflike sanger. Ek het hom die eerste keer gehoor sing op die gemeenskapsradiostasie,radio Houtsok en sowaar wat ‘n fantastiese stem. ‘N mannetjie wat sommer nog diep spore in die musiekwereld gaan trap, en ja mense sien en hoor dit raak.Daantjie dis nes jy daar se van die kunstenaar, baie sterkte stephan!!

Ebeth Chandler Grobbelaar ·

Stephan is n talentvolle kunstenaar hy sing, skryf sy eie liedjies, skilder, is n fotograaf….om net n paar te noem!
Ons gaan defnitief nog baie van die opkomende kunstenaar hoor en lees! !
Gaan “like” gerus sy musiekblad en skilderblad.

Baie dankie Daantjie vir jou uitstekende positiewe resensie.

antionette visagie ·

Baie dankie vir ‘n goeie resensie, Stephan is een van die bestes !!

Isa Disa Nest ·

Baie dankie Daantjie! ! :)
Stephan is voorwaar n kunstenaar wat nog VER gaan kom en ek geniet ook sy sin vir humor! !
Ek kan nie wag vir sy volgende CD nie….skryf Stephan skryf! ! <3

drienie van wyk ·

baie dankie vir d goeie resensie oor Staphan. sy musiek is uitmuntend en mense kan gerus hierdie cd aanskaf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.