‘Afrikaans is Groot’ uiteindelik terug op die planke

Afrikaans is Groot 2019. (Foto: PixelPro/Verskaf)

Aanhangers van Afrikaanse musiek kan hul ore spits, stoele nader trek en vere regskud vir die reusekonsert Afrikaans is Groot wat vanjaar uiteindelik weer terug op die planke gaan wees.

“Ons is baie opgewonde om te sê dat ten spyte van die struikelblokke van die afgelope paar jaar, Afrikaans is Groot vanjaar terug is.”

Só sê Johan C Venter, bemarking- en handelsmerkbestuurder van die Coleske Groep en Afrikaans is Groot.

“Dis tyd om huis toe te kom. Dis tyd dat mense weer bymekaar kom vir ’n lekker konsert.”

Dié geleentheid vind van 4 tot 6 November en weer van 11 tot 13 November vanjaar plaas. Mense kan gerus ’n sterretjie op hul kalenders maak om van dié pragkonsert te onthou.

Nóg ’n belangrike datum is 26 Julie, aangesien dit die dag is waarop kaartjieverkope vir die konserte amptelik open.

Sangers soos Karlien van Jaarsveld, Irene-Louise van Wyk, Corlea Botha en Ricus Nel het dié opwindende nuus ook op sosiale media gedeel.

“Die repertoire van Afrikaans is Groot gaan massief wees, mense gaan nie glo wat hulle sien nie,” het Venter aan Maroela Media gesê.

Wie by konserte te siene gaan wees en waar die konserte gaan plaasvind is egter nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piet ·

Ek hoop Krone is weer ook aan die gang. Dis die beste konsert met Afrikaanse kunstenaars. Ek sal eerder Krone as Afrikaans is Groot gaan sien.

amanda ·

Dit is wonderlik om dit te hoor, maar ongelukkig is Krone weer gekanseleer tot 2023

Duck ·

Steve kan maar gaan ja, nou nie juis tyd vir hom nie…Theuns sal sekerlik vreeslik gemis word. Daarom nooit weer die selfde nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.