Afrikaans se grotes maak country-treffers hul eie

Vyf van Afrikaans se grootste kunstenaars het geliefde country-treffers afgestof en verwerk om dit hul eie te maak.

Dié snitte is van vandag (Vrydag) beskikbaar op die album Country is Groot Vol. 4. Die liedjies is ook almal op Apple iTunes beskikbaar.

Demi Lee Moore het “Jolene” deur Dolly Parton aangepak, terwyl Ricus Nel “Ring of Fire” deur Johnny Cash opgeneem het. Die musiekvideo vir “Ring of Fire” word ook eersdaags uitgereik.

Arnold Coleske sing saam met Ruhan du Toit die Simon & Garfunkel-treffer “The Boxer” en saam met Riana Nel “One Great Mystery” deur Lady A. Du Toit sing ook “Bud Light Blue” deur Coffey Anderson.

Riaan Benadé het “From Now On” uit die gewilde musiekblyspel The Greatest Showman opgeneem.

“Country-musiek is vir my soos Engelse boeremusiek. Dit lê my sommer baie na aan die hart,” vertel Ricus Nel.

“Ek hou daarvan om die gehoor betrokke te maak wanneer ek konsert hou en vra hulle altyd om vir my voorstelle te gee van liedjies wat ek vir hulle moet sing. ‘Ring of Fire’ is elke keer een van dié liedjies. As ek ná die konsert met hulle gesels, vra hulle dat ek dit moet opneem. Dit was nou net die regte tyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MakersMark ·

Demi Lee kan en mag sing. Meeste ander is soos griep vir my ore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.