Bekroonde pianis, strykkwartet voer Brahms-werke op

Charl du Plessis (Foto: Verskaf)

Op 6 November bring die wêreldbekende en bekroonde pianis Charl du Plessis, tesame met die Odeion Strykkwartet, hulde aan die klassieke werk van Johannes Brahms (1833-1897).

Die uitvoering word deur Momentum Beleggings Aardklop Aubade by die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria aangebied.

Du Plessis is ʼn Steinway-kunstenaar en veelsydige pianis wat as uitvoerende kunstenaar in vele style en genres werksaam is.

Odeion Strykkwartet is die enigste voltydse strykkwartet in Suid-Afrika. Die orkes se bydrae tot kamermusiek is van onskatbare waarde en hulle word reeds jare lank internasionaal gereken. Die vier musikante is Samson Diamond, Sharon de Kock, Jeanne-Louise Moolman en Anmari van der Westhuizen.

Die program word afgeskop met die Odeion Strykkwartet se uitvoering van die strykkwartet nr. 1 in c-mineur (1873) uit Opus 51. In hierdie werk word Brahms se adellike melodiese skryfstyl, ryk tekstuur, ritmiese vryheid en die beheer van groot vorm en struktuur ten toon gestel.

Daarna sluit Du Plessis by die kwartet aan vir onder meer die ikoniese klavierkwintet in f-mineur uit Opus 34. Die energie en tegniese virtuositeit van hierdie ikoniese werk maak dit ʼn gunsteling onder musici en gehore.

Die voorprogram bestaan uit ʼn klarinet-uitvoering deur Joshua van Zijl, ʼn gr. 10-leerder van Affies, en Barend Fourie en hulle word deur Engeli le Roux begelei.

Kaartjies vir die vertoning kos R190 en R150 en kan by Ticketpro bespreek word. Stuur ʼn e-pos na [email protected] vir meer inligting oor die Aardklop Aubade-konsertreeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Byekonfyt ·

Klink na ‘n lieflike luisterervaring. So goed vir die siel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.