Bobby, Demi Lee tref hoogste noot op Top-20

Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore. (Foto: Ruben Roos)

Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore. (Foto: Ruben Roos)

Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore se duet, “Ek weet al lankal”, laat vandeesweek Bok van Blerk se “Was”, Elvis Blue en Snotkop se “Langpad alleen pad” en Ruhan du Toit se “As jy dink jy weet” in die stof byt en neem die no. 1-posisie op die Top-20 in.

Die musiekvideo vir dié snit is Sondag op Maroela Media bekendgestel en spog reeds met meer as 110 000 trefslae op YouTube.

Riana Nel, wat lank reeds op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 pryk met haar treffer “Hou die hemel oop” se splinternuwe enkelsnit, “Sterker”, maak vandeesweek sy buiging in die no. 20-posisie op dié treffersparade.

In vandeesweek se Top-20 is daar sewe snitte wat styg, 11 wat daal, een nuwe lied en een wat onveranderd bly.

  1. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  2. Bok van Blerk – “Was”
  3. Elvis Blue met Snotkop – “Langpad alleen pad”
  4. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  5. Appel – “Nonna”
  6. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  7. Refentse – “What a boytjie”
  8. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”
  9. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  10. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  11. Snotkop – “Pens en Pootjies”
  12. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  13. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  14. Tashé & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  15. Francois van Coke met Spoegwolf – “Dagdrome in Suburbia”
  16. Elvis Blue – “Beloofde land”
  17. Robbie Wessels – “Legendes”
  18. JohnJames – “Ek is meer werd”
  19. Biggy – “Dames”
  20. Riana Nel – “Sterker”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alet van Tonder ·

Enige liedjie wat Demi Lee sing is ‘n wenner. Wel gedaan julle 2. Beter sangpaar gaan ons nie kry in Afrikaans nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.