Dié lesers gaan Fluweel-konsert bywoon

Die beeldskone Nádine. (Foto: Facebook via @Nadine.net)

Vyf Maroela Media-lesers het elkeen ʼn dubbelkaartjie gewen vir die Fluweel-konsert wat op 9 September by die Theatre of Marcellus by die Emperor’s Palace in Kempton Park, Johannesburg, plaasvind.

Baie geluk aan Salome Britz, Annis Joshua de Bruyn, Charlene Bisschoff, Karin Smith en Lizann Fourie wat dié geleentheid gaan bywoon waar Nàdine, Jak de Priester, Ruhan du Toit en Ray Dylan vir slegs een aand saam op die verhoog is met opvoerings wat van hulle grootste treffers insluit.

Gehore kan uitsien na ʼn unieke musiekbelewenis saam met van die voorste Afrikaanse musieksterre. Verskeie duette word vir die vertoning beplan, waarvan sommige vir die eerste keer op ʼn verhoog gesien sal word. ʼn Verrassing of twee, soos ʼn uitvoering deur die klaviervirtuoos Rocco de Villiers, wag ook op die gehoor.

Die Fluweel-konsert word deur Numinous 102 en AE Switch aangebied. Kaartjies kos tussen R200 en R360 per persoon en is aanlyn op Vtickets beskikbaar.

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.