Die Piesangskille maak ’n draai op Top-20

Loufi saam met Gerhard Steyn. (Foto verskaf)

Na slegs ‘n week in die nommer een-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 verloor Wilma van Heerden haar plek en val met drie plekke na nommer vier.

Die Piesangskille se debuutenkelsnit, “Mal Maandagaande” maak vandeesweek hul toetrede tot die top-20 in die 18de posisie, en Gerhard Steyn en Loufi se liedjie, “Partykiehonde”, betree die top-20 in die 20ste posisie.

Barto se “Impulsief” neem weer die nommer een-posisie in die week.

In die week se top-20 is daar sewe liedjies wat klim, tien wat hul plekke verloor, een wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die top-20 betree.

1. Barto – “Impulsief”
2. Juan Boucher – “Dans met gevaar”
3. Bernice West – “Lyfie”
4. Wilma van Heerden – “Sysoen”
5. Die Heuwels Fantasties & Appel – “Nora Vlok”
6. Barto – “H2Oë”
7. Brendan Peyper – “Nee of ja”
8. Eloff – “Swipe regs”
9. Dodo Nyoka – “Foto’s”
10. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
11. Zaan Sonnekus – “Monitor”
12. Sakkie saam met Francois van Coke – “Hey jy”
13. Eloff – “Witblits”
14. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
15. Prop – “Kwaaitjie”
16. Droomsindroom – “Ek ly aan”
17. Barto saam met Marissa – “Ons twee genoeg”
18. Die Piesangskille – “Mal Maandagaande”
19. Eloff – “Johnnie Blou”
20. Gerhard Steyn saam met Loufi – “Partykiehonde”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings:

Daniël Francois Marais en Johan Balt is Die Piesangskille. (Foto: Spotify)

In 2004 het Glaskas aan die JIP Rockspider-kompetisie deelgeneem en dit is waar die MK-generasie hulle leer ken het. Dié groep is weer herenig en terug met ‘n splinternuwe enkelsnit, “Die lig”. Luister gerus na dié lied in die speellys hieronder.

Potchefstroom is die kweekskool vir jong opkomende en gevestigde kunstenaars, dink maar aan Bouwer Bosch, Deon Meiring, Rooksein en nou ook Die Piesangskille. Die groep bestaan uit Daniël Francois Marais en Johan Balt. Hul eerste enkelsnit, “Mal Maandagaande”, is pas bekendgestel en die musiekvideo is nou ook beskikbaar. Hul opkomende album se naam is “Almal gly”.

Esté Gross, sanger, liedjieskrywer en radio-omroeper, het ook pas haar nuutste aanbieding, “Weerklink”, bekendgestel. Die inspirasie agter die liedjie, volgens Esté, kom uit Mattheus 22:37.

Ander nuwe uitreikings is: Gerhard Steyn saam met Loufi se “Partykiehonde”, Christia Visser se “Chocolate sigarette”, Droomsindroom se “Hey Zonnebloem”, Armand Steenkamp se “Johanna van Saldanha”, Gabi Swanepoel se “Nagtegaal”, Carlissa se “Nostalgie”, Swerwer se “Verby”, Jan Jan Jan se “Hy’s ‘n lekker ou”, Meinhardt se “Koffie in die tronk” en Robbie Wessels se “Bakkie balle”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.