Dodo Nyoka kuier boaan Top-20

Dodo Nyoka. (argieffoto)

Die naaswenner van die tweede seisoen van Die Kontrak, Dodo Nyoka, se enkelsnit “Foto’s” kraai vandeesweek koning op Maroela Media se Top-20.

Die musiekvideo van dié trefferlied is reeds meer as 195 000 keer op YouTube gekyk.

Samantha Leonard, wat Vrydag as die wenner van dié talentsoekprogram gekroon is, se enkelsnit, “Net een keer”, is in die no. 5-posisie.

Maroela Media het vroeër berig dat Leonard tydens die eerste vertoning van die massakonsert Afrikaans is Groot as die wenner van die program aangewys is.

Dié week het 11 liedjies hul plek op die top-20 verloor, met Droomsindroom se “Hey sonneblom” en Brendan Peyper se “Insomnia” wat elkeen twee posisies geval het.

Karlien van Jaarsveld se “Ophou”, wat verlede week in die no. 17-posisie gestaan het, is vandeesweek nie op die top-20 te siene nie.

Die Potchefstroomse sanger Eloff, wat verlede week twee liedjies op die top-20 gehad het, spog vandeesweek met drie. Sy enkelsnit “ATKV” pronk nou in die no. 7-posisie, met “Johnnie Blou” in die no. 13- en “Witblits” in die no. 3-posisie.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

  1. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  2. Bernice West – “Lyfie”
  3. Eloff — “Witblits”
  4. Barto – “H2Oë”
  5. Riaan Benade – “Spontaan”
  6. Samantha Leonard – “Net een keer”
  7. Eloff – “ATKV”
  8. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  9. Brendan Peyper – “Insomnia”
  10. Prop – “Kwaaitjie”
  11. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  12. Riaan Benade & Jay – “Rowwe bliksem”
  13. Eloff – “Johnnie Blou”
  14. Tasché – “Sal jy vir my wag”
  15. Lianie May – “Bietjie Benoni”
  16. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  17. Fatman – “O my vy”
  18. Elandré – “Lieflik”
  19. Riaan Benade & Ricus Nel – “Haai haai”
  20. Ray Dylan – “Ek wens”

 

Nuwe uitreikings

Die Suid-Afrikaanse rockgroep Saarkie spog met ’n splinternuwe liedjie, “Jasmynkind”.

“Die liedjie vat ons op ’n denkbeeldige reis na geheimsinnige paaie waarop ons almal is. Aan die einde van die dag, maak dit die lewe ’n bietjie ligter om soos ’n kind te wees,” vertel Adele Fouche, wat die liedjie saam met Lila Botha en Lourene Mostert geskryf het.

“Jasmynkind” se musiekvideo is in Dullstroom geskiet en sal die luisteraar aanmoedig om weer stil te raak.

Tarryn Lamb se nuwe enkelsnit, “Wanneer laas”, is vandeesweek uitgereik en word deur Lamb as ʼn “reggae-popliedjie” beskryf.

Sy vertel dat sy nog altyd van dié genre gehou het en inspirasie by sangers soos Bob Marley en Lauryn Hill gevind het.

Ander liedjies wat ook vandeesweek uitgereik is, is Bouwer Bosch se “Skemer”, Chenel no.1 se “Boer se vrou”, Lallie se “Lekker in Suid-Afrika”, Andrea se “Desembermaan”, Eloff se “ATKV”, Deon Meiring se “Alledaags”, Soné se “Sober Sondag begeerte”, en Rayne se “Lugkasteel”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.