Drie van die Bestes hou e-konsert

Voel jy ook dat die tuisbly-avontuur lankal nie meer opwindend is nie?

Optog! bied Sondag 26 April ’n splinternuwe e-konsert wat beloof om jou naweek-blues hok te slaan.

Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets, ook bekend as die sang-trio Drie van die Bestes, staan gereed om jou naweek met ʼn goeie dosis vermaak op te kikker.

“Al wat ons nou verklap, is dat dit beloof om ’n vreeslik jolige affêre te wees,” sê Delmari van Zyl, mediabeampte van Optog!.

Hulle span vir Matthys Maree in om die klavier te speel en jy word genooi om te kyk hoe die driemanskap ’n digitale konsert uit hulle huise optower.

“Leo, Niehaus en Roets stof ou bekende treffers af en durf ’n paar nuwes aan,” verklap Van Zyl. “Daar word gesing, gedans en gelag.” Van Zyl nooi kykers uit om Sondag in te skakel en self die pret te ervaar.

Kaartjies is Sondag van 08:00 af beskikbaar en kan op Optog! se webwerf teen R50 per kaartjie gekoop word. Dit is nie ʼn regstreekse uitsending nie, maar kaartjies word benodig om toegang tot die konsert te kry.

Die e-vertonings word moontlik gemaak deur King Price & Atterbury Trust.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kers55 ·

Nee dankie. Vier vuilerige mans wat verspot gaan optree is laerskool konsert snert. Gee my liewers Marius Weyers wat `n onderhoud hou of iets met klas asb.

andre ·

Stem saam, ek het nie tyd vir sulke kinderagtige belaglikheid nie. Word net groot en hou op om mense se intelligensie te onderskat. Ek kyk nie eers sulke snert verniet nie, wat nog betaal daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.