Gedig: ‘Kersfees 1914’

Argieffoto (Foto: TizzleBDizzle/Pixabay)

Hier veg ons nou vir wie weet wat
In reën en ys en sneeu
So sterf miljoene krygers
Aan die begin van hierdie eeu

Die oorlog woed nog voort
Selfs feller as tevore
Die krygers is kanonvoer
Hulle lewens nou verlore

Ons praat Engels, Frans en Duits
Maar almal hier bloei rooi
Ja, die woorde van ʼn Kerslied
Is vir almal ewe mooi

Ons wil almal vrede hê
En tuis wees by ons mense
Luister, generaal:
na ons harte en ons wense

Laat daar vrede heers vandag
Laat die oorlog bietjie wag
Want kyk: ons Heiland is gebore
Laat ons Hom in stilte vier
Sonder bomme of mortier
Want anders is die Groter Stryd verlore

Stille Nacht, unsere Weinachtsfest
So many songs – let’s sing the rest
Ko’s sing en bring ons eer aan Hom
Wat die vrede laat oorwin…

Daar’s ʼn Kersboom in ʼn loopgraaf
Dit verlig die niemandsland
Dit skyn vir die soldate
Wat veg aan beide kant

Kom en deel my sigaret
Sê die soldate aan mekaar
ʼn stukkie koek uit verre Londen
Want soetigheid is raar

Ko’s speel sokker met ʼn blikkie
Kom ons gee mekaar die hand
Oorlog is tog vreemd:
Ons veg aan dieselfde kant

Kom ons vier vandag die dinge
Wat ons deel, waarin ons glo
Hoe kan ons ooit regverdig
Wat ons doen in God se oë

  • Klik hier om “Kersfees 1914” gratis af te laai.
  • Luister hier na die Kersfees 1914-dokumentêr waarin die verhaal van die Kersfees-wapenstilstand van 1914 verweef word met Coenie de Villiers se lied “Kersfees 1914” wat hy saam met André Schwartz, Elana Afrika-Bredenkamp en die Mzansi Jeugkoor sing.
  • ʼn Klein bydrae kan ʼn reuseverskil in ʼn kind se lewe maak. Met die Bemagtig-ʼn-kind-projek, ʼn gesamentlike inisiatief van Helpende Hand en Maroela Media, word behoeftige kinders op verskillende maniere bygestaan om hul lewens in ʼn nuwe rigting in te stuur. Klik hier om die Bemagtig-ʼn-kind-fonds te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.