Groot aankondiging vir Afrikaans is Groot-aanhangers

Steve Hofmeyr by Afrikaans is Groot. (Foto: Afrikaans is Groot/Facebook)

Die bestuur van die gewilde Afrikaans Is Groot (AIG)-konsertreeks het aangekondig dat nóg kunstenaars by vanjaar se vertonings aangesluit het. Boonop is daar ʼn ekstra vertoning bygevoeg nadat die agt beplande vertonings reeds uitverkoop is.

Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AIG, het bevestig die legendariese Laurika Rauch en gewilde jong sanger Elandré sal nou saam met ander bekendes op die AIG-verhoog verskyn. “Afrikaans is Groot is bekend daarvoor dat konsertgangers elke jaar net die beste ervaar ten opsigte van die kunstenaars, verhoog, ligte en orkes,” sê Pretorius.

Boonop is daar nou weer kaartjies beskikbaar vir ʼn ekstra vertoning in Pretoria op Donderdag 28 November. “Ons verwag dat hierdie ekstra kaartjies net so vinnig sal verkoop soos dié vir die res van die konserte; so konsertgangers sal moet spring,” het Pretorius gesê.

elandre-schwartz

Elandré sal ook vanjaar deel wees van die Afrikaans is Groot-konsertreeks. (Foto: Facebook via @elandreofficial)

Ander kunstenaars wat vanjaar deel van AIG gaan wees sluit in Bok van Blerk, Theuns Jordaan, Jay, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Corlea, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Elvis Blue, Tarryn Lamb, Demi Lee Moore, Dewald Wasserfall, Ricus Nel, Snotkop, Ruhan du Toit en Karen Zoid.

Die konserte vind plaas van 22 November tot 1 Desember in die Sun Arena by Time Square in Pretoria.

Die AIG-konserte is ʼn hoogtepunt op die Afrikaanse vermaakkalender en kaartjies vir die konserte is elke jaar uitverkoop. Vanjaar is dit nie anders nie en die duisende kaartjies vir die reeks vertonings het gevlieg.

“Spesiale verrassings soos kunstenaars wat vlieg oor konsertgangers en ’n helikopter op die verhoog dra by tot die magiese effek van hierdie reuse- Afrikaanse musiekgeleentheid,” sê Pretorius. “Vanjaar bied ons dié konsert aan met harte wat wil bars van trots, en beplan ons baie spesiale oomblikke om elkeen van ons konsertgangers die ervaring te bied wat hulle verdien.”

Kaartjies vir die bykomende AIG-vertoning is beskikbaar by Computicket of by Shoprite/Checkers en House & Home-winkels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nienie ·

Hy was nog altyd welkom. Dis by MultiChoice, Toyota waar hy onwelkom was.

Tante ·

wie befonds hulle nou ons sal graag wil weet dat ons daardie besighede kan ondersteun. My DSTV is gekanselleer. Mis my stories op Kyknet maar dis ook nie so baie geld per maand werd nie. Sal nou meer tyd kry vir my ou man en lekker lees in bed.

Darius ·

AIG het nie borge nodig nie. Die publiek is die borg. Helpende Hand het dit bewys met ‘n onlangse mediakonferensie… maak nie saak hoe erg Toyota , N24, DSTV gekerm of hulle porbeer heer het nie. #siestogsjaim

Landie ·

Nou wat van die Kaap, of moet ons maar altyd aan die kortste end trek?????

Linda ·

Tante….nie jou besigheid wie hulle befonds nie, hou op krap !!!

AndrewL ·

Linda, dis nie krap nie, dis nodig om hulle te ondersteun wat nie Afrikaans wil vernietig nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.