Janie Bay, Elandré sing liefdesverhaal

Janie Bay en Elandré het pas hul nuwe liedjie, “Die einde”, uitgereik. (Foto: verskaf)

“Jy moet seker wees dat jy die res van jou lewe saam met ʼn persoon wil deurbring, en hoe wonderlik is dit nie wanneer jy besef dat die persoon saam met wie jy is, werklik die een vir jou is nie?”

Só gesels Janie Bay oor die tema van haar nuwe liedjie, “Die einde”, ʼn snit wat sy saam met Elandré uitgereik het.

Janie is vanjaar byna ʼn dekade saam met haar lewensmaat, Deon Dee. Sy erken dat hulle deur ʼn uitdagende tydperk as paartjie gegaan het, iets wat sy glo tientalle paartjies ook ervaar.

Die liedjie se betekenis lê in die besluit om die res van jou lewe saam met iemand deur te bring. Dit is iets waaroor daar behoorlik besin moet word, glo sy, en die oomblik wanneer jy besef dat dit die regte liefde- en lewenspad is, behoort die verligting oor jou te spoel.

Janie erken dat kwesbaarheid deur musiek nog altyd vir haar aanloklik was.

“Hierdie tema is nie abnormaal nie, dit gebeur in soveel verskillende verhoudings. Dit is nie net altyd ʼn slegte tydperk nie. Daar moet in elke verhouding besluite oor die toekoms gemaak word.”

“Ek en Deon is gemaklik om ons lewens met mense te deel, en in ʼn liedjievorm is dit net meer universeel. Baie mense sal daarmee kan vereenselwig.”

Janie het “Die einde” reeds in 2021 geskryf, en erken dat die liedjie nou al ʼn wyle lê en stof gaar. Tog, het sy toe reeds geweet dat sy die liedjie graag saam met Elandré wil sing.

“Wanneer ek saam met ʼn ander kunstenaar werk, wil ek hê dat daardie persoon net so tuis in die liedjie as ek moet voel,” het Janie verduidelik.

Daarom het sy die liedjie opgeneem, vervaardig, en vir Elandré gestuur om aan te herkou, hoewel hy min veranderinge voorgestel het en byna dadelik ingestem het om deel van die projek te wees.

“Ek het ongelooflik baie respek vir Elandré, ons kom goed oor die weg en het ʼn lekker tyd gehad tydens die opname van die liedjie.”

Kyk na die musiekvideo van Janie Bay en Elandré se “Die einde” hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

S ·

Mooi mooier mooiste! Altwee ongelooflike en unieke sangers en kunstenaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.