Juanita en kroos behaal mylpaal in japtrap

juanita-du-plessis

(Foto: Instagram/Juanita du Plessis)

Die koningin van Afrikaanse popmusiek, Juanita du Plessis, en haar kinders Franja du Plessis en Ruan Josh se splinternuwe samewerkingsalbum, Kaalvoetkinners, het binne enkele weke goue status bereik.

Sowat 15 000 kopieë van dié album, wat op 5 Desember uitgereik is, het reeds huise gekry.

“Ek wil net diep uit my hart uit dankie sê vir hierdie vroeë Kersgeskenk!” het Juanita opgewonde op Instagram laat hoor. “Ons is opgewonde dat so baie van julle dit alreeds luister.”

Sy het gesê dat hulle as ʼn gesin gedink het hul sluit die jaar af met die hoogtepunt van hierdie vrystelling. “Maar julle terugvoer is werklik die grootste hoogtepunt nóg!”

“As julle hierdie vakansie op een van die Kaalvoetkinners-liedjies sokkie, laat weet ons wat julle dink!” het sy geskryf.

Die album is vervaardig op “groot aandrang” van aanhangers nadat Franja en Ruan in 2013 in hul ma se spore begin volg het. Hul debuutalbums [Eggo (Josh) en My verhaal (Franja)] het van hulle kunstenaars in eie reg gemaak.

Die eerste enkelsnit komende van Kaalvoetkinners is “Meer as ʼn melodie” en is deur Juanita en Franja geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wow geluk ·

Wow jul 3tjies oftewel hele gesn want elkeen het sy of haar aandeel. Ruan, Franja en Juanita dit is so fantasties en ek is bly vir julle wat altyd meer en opreg gee as wat gevra word. Wonderlikste mense om n konsert voor te reel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.