Nicholis Louw eet ‘Coco Pops en kaas’ op die Top-20

Nicholis Louw betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek met sy splinternuwe enkelsnit, “Coco Pops en kaas”.

Volgens Nicholis is die kombinasie van dié twee kossoorte nie so buitengewoon soos wat dit klink nie. Dit is juis dié vreemde kombinasie wat hom geïnspireer het om ‘n liedjie te skryf en op te neem.

Barto en Marissa se lied, “Ons twee genoeg”, wat verlede week die no. 1-posisie beklee het, val vandeesweek na die tiende plek.

Barto se enkelsnit, “Impulsief”, beklee die no. 1-posisie, terwyl sy treffersnit “H2Oë” in die sesde plek lê.

Die jong sangeres Wilma van Heerden betree vandeesweek se Top-20 met haar debuutenkelsnit, “Sysoen”. Die lied was die afgelope week onder die top-25 mees gespeelde Afrikaanse liedjies op Apple Music.

In vandeesweek se Top-20 is daar tien liedjies wat klim, ses wat hul plek verloor, twee wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die week se Top-20 betree.

  1. Barto – “Impulsief”
  2. Brendan Peyper – “Nee of ja”
  3. Bernice West — “Lyfie”
  4. Die Heuwels Fantasties & Appel – “Nora Vlok”
  5. Eloff – “Swipe regs”
  6. Barto – “H2Oë”
  7. Dodo Nyoka – “Foto’s”
  8. Zaan Sonnekus — “Monitor”
  9. Droomsindroom – “Ek ly aan”
  10. Barto saam met Marissa – “Ons twee genoeg”
  11. Eloff – “Witblits”
  12. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
  13. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  14. Prop – “Kwaaitjie”
  15. Eloff – “Johnnie Blou”
  16. Sakkie en Francois van Coke – “Hey jy”
  17. Eloff – “ATKV”
  18. Pieter Smith – “Willemiena van Gezina”
  19. Nicholis Louw – “Coco Pops en kaas”
  20. Wilma van Heerden – “Sysoen”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe bekendstellings:

Tiaan Massyn. (Foto: Verskaf)

‘n Oogkundige van Centurion in Pretoria waag ‘n kans op sy musiekdrome met sy debuutenkelsnit, “Die son kom op”.

Die lied is tydens die Covid-19-tydperk geskryf en dien as ‘n baken van hoop en lig vir die wat dit nodig het. Só vertel Tiaan Massyn in ‘n onlangse onderhoud met Maroela Media.

Nog ‘n nuwe bekendstelling die afgelope week is “My wolf” deur Hansie Roodt. Sy geestelike leier en skoonpa, Jannie Pelser, asook Hansie se pa, wat alreeds oorlede is, het die lirieke van die lied, “Die wolf”, wat hy ook opdra aan sy eie seuntjie geïnspireer.

Ander liedjies wat uitgereik is, is Vanuitstof se “Ek haal asem”, Armand Hofmeyr se “Partytjie slaap herhaal”, Bernice se “Gebed”, Chris Spies se “Einde van die Omega”, Johan van Schalkwyk se “Moeilike vrede”, Werner Olckers se “Selfbeheer”, Wilma van Heerden se “Sysoen”, Nicholis Louw se “Coco Pops en kaas” en Simoné Roets se “Skete”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.