‘Ons sal self’ woeker op Top-20

Riaan Benadé. (Foto: Skermgreep uit video)

Verskeie Afrikaanse kunstenaars het saamgespan om die nuwe enkelsnit “Ons sal self” op te neem. Dié liedjie het vandeesweek van die no. 9-posisie na die vyfde plek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 gestyg.

Charlize Berg, Chris Else, Corlea, Demi Lee Moore, Dewald Wasserfall, Gerhard Steyn, Ivan Roux, Jay, Lianie May, Liezel Pieters, Monique Steyn, Riaan Benadé, Ruhan du Toit, Steve Hofmeyr, die nuweling Tasha en die duo Touch of Class is almal in die snit te hoor. Riaan Benadé, Marno van der Merwe en Arnold Coleske het die liedjie geskryf.

Elandré bly vir die tweede week in die no. 1-posisie met sy nuwe enkelsnit, “Dag en nag”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, 12 wat daal en drie snitte wat die week onveranderd bly op die Maroela Media Afrikaanse Top 20.

  1. Elandré – “Dag en nag”
  2. Bernice West – “Sonop-blom”
  3. Riaan Benade – “Gooi nog ʼn whiskey”
  4. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  5. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  6. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  7. Refentse – “Stormnag”
  8. Margot – “Tydelike afleiding”
  9. Appel – “Nonna”
  10. Jo Black – “Spring”
  11. Spoegwolf – “Swart vere”
  12. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  13. Juanita & Snotkop – “Ruk die dam”
  14. Bernice West – “Die hart”
  15. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  16. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  17. Loufi – “Boude”
  18. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  19. Refentse – “Daai deng”
  20. Brendan Peyper – “Vasdanslyf”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.