Ontsnap die buitewêreld op Super Sokkie-bootreis

“Die oomblik dat ek die skip betree, vergeet ek van die buitewêreld. Onmiddellik verander my vrees in ʼn gevoel van opgewondenheid en net daar byt die skipgogga my behoorlik.”

Só skryf Annelize Brits oor haar ervaring op die plesierige Super Sokkie-bootreis wat in 2023 haar siening oor bootreisvakansies vir altyd verander het.

“Vir drie volle dae is jy oorgegee aan die saligheid en die belangrikste keuses wat jy moet maak, is wat jy gaan eet (veral in die buffet-restaurant), watter vertonings jy wil kyk, of jy eerder rustig in een van die sitkamers wil gaan sit en luister na ʼn kunstenaar wat op sy kitaar tokkel. En natuurlik, wat is die volgende skemerkelkie op die spyskaart om te beproef.

“Net toe ek dink dit kan nie beter nie, klim ons by die Portugese eiland af – weer eens ʼn keuse: wil jy rustig op die skip agterbly of wil jy saam afklim? Die see daar is ook anders as die see waaraan ek gewoond is: geen rowwe seestrome en groot golwe nie.

“Ons het geswem, geëet en behoorlik gekuier saam met ou vriende én nuwe vriende wat op die skip gemaak is. Dit was absoluut ʼn driedagfees. En toe ek die Maandag van daardie skip afklim, het ek geweet ek sal nooit weer dieselfde na ʼn skip kan kyk nie.”

Kurt Darren. (Foto: Verskaf)

Jy kan ook in 2024 dié magiese see-en-musiek-vakansie saam met van die land se grootste kunstenaars beleef.

Kurt Darren, Juanita du Plessis, Early B en Justin Vega, Jay en Lianie May, Nicholis Louw, Jakkie Louw, Dirk van der Westhuizen, Samantha Leonard en Ray Dylan nooi alle Afrikaanse musiekliefhebbers uit om saam met hulle op die splinternuwe MSC Splendida te skoffel en kuier.

Opgewekte Afrikaanse musiek gaan nie net van die dek tot die sitkamer tot die restaurante en teater van die skip weerklink nie, maar ook op die wit seesand van die Portugese Eiland.

“Ons gaan die skip oorneem met Afrikaanse musiek en daarom nooi ons jou uit om nou al jou bespreking vir die Super Sokkie-bootreis te maak,” sê Kurt Darren, eienaar van SuperEvents wat betrokke is by die organisasie van die bootreis.

“Die mense, die atmosfeer, die vasdans, die losdans, die saamsing en die samesyn maak die Super Sokkie-bootreis beslis die moeite werd. Daar is plek vir duisende Afrikaanse musiekliefhebbers, kom ons maak die jol vol,” sê Kurt.

Maroela Media gaan ook sorg vir heerlike pret op die dek. Daar sal onder meer ʼn paar verrassings wees met opwipvertonings in die verskillende lokale.

Vir ʼn deposito van slegs R3 000 kan jy na Juanita se “Dis Tyd” en “Ska-rumba” op die dek luister, sien hoe Ray Dylan “Jessica” in die sitkamer sing en op die maat van Dirk van der Westhuizen se “Sexy vir my” skoffel.

Vir meer inligting, klik hier. Om sommer onmiddellik seker te maak jy loop nie die geleentheid mis nie, bespreek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Duck ·

Dis net jammer die boot is altyd van Durban af, kan die ding nie ‘n slag van die Kaap af vaar nie? Nou moet mens vlieg en oorbly in ‘n hotel, en vervoer reèl hawe toe, al daai jazz….en dit kos erge $$$ Nee manne, maak plan!

SjN ·

Die MSC bootreis is beslis n wenner, die Portugese eiland besoek is die moeite werd, mits die weer dit toelaat, goeie waarde vir die prys, sal dit graag weer wil doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.