Rek jou rande só vir Aardklop

Alexa Strachan, Aardklop se feesbestuurder. (Foto: Verskaf)

Met die heerlike afslag wat die Momentum Beleggings Aardklop nou aanbied, kan jou feesmandjie reeds oorloop met kaartjies teen die tyd wanneer jy vroeg in Oktober die pad na Potchefstroom vat.

Aardklop se stewige program-aanbod kan jou en jou beursie aanvanklik oorweldig, maar ʼn afslag van 30% op kaartjies vir uitgesoekte produksies, is op sekere datums in aanloop tot die fees beskikbaar.

Op 31 Julie kan feesgangers kaartjies koop vir Any dream will do: My pad met Webber, Calling all dawns, Boeremusiek RoccoStyl, Die Boulevard Harmoniste sing: “Goosebump a cappella”, Joyful Dances: Trio Joie de Vivre, Margaretastraat, Woordmusiek en Orkesfees.

Op 9 Augustus kan kaartjies vir 1, Die moeder, Die vrou op die dak, Mixtape van die liefde, Femme is fatale, Marion Holm en Mirakel aangekoop word.

Amanda Strydom: Amber/Ombré, Anna Davel: Daarom skryf ek, Nag in die Namib, Jak de Priester: Eerste liefde, Droomwerk, Goed wat wag om te gebeur en Zoid: Pitch>Swift<Strum se kaartjies sal ook teen dié afslag beskikbaar wees.

Op 31 Augustus en 1 September is Magda Louw, Onfiks en veertig, Braam en die engel, Jakkals en Berg, Vrolike 40 na 60, Drie van die bestes, alle kinderteater en Pronk Podium-wenners se kaartjies beskikbaar.

Verdere randrekkers

Koop slim en spaar geld met weekkaartjies na ons gewilde feesterrein op die oewer van die Mooirivier, jou eenstop-vermaaklikheidsbestemming met kos- en kunsvlyt, kindervermaak en terreinverhoog met van ons land se gunsteling-kunstenaars soos Early B, Anton Goosen, Janie Bay, Brendan Peyper, Jakkie Louw, Jak de Priester, Corlea Botha en vele meer.

Dagkaartjies kos R50. Weekkaartjies teen groot afslag slegs R150.

Kinders onder 12 is gratis.

Maak seker jy hou plek in daardie feeskalender vir aktuele- en boekgesprekke by die ATKV-Boeke-oase by The Roots Sonkamer. Kom kuier, redekawel, lag en gesels daagliks saam, en die beste van alles, dis gratis.

Die Momentum Beleggings Aardklop vind van 3 tot 8 Oktober in Potchefstroom plaas.

Besoek Aardklop se webblad by www.aardklop.co.za vir meer inligting. Kaartjies is beskikbaar by www.ticketpros.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SjN ·

Aardklop se klop is gedemp na die hoofborge se versoeke en verskuiwings. Ek sal ongelukkig nie bywoon nie en meer rande spaar, dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.