Riaan Benadé neem top-posisie in op Top-20

Riaan Benadé betree dié week se no. 1-posisie met “Gooi nog ’n whiskey”. Die lied is deel van sy debuutalbum, Spontaan, wat vroeër vandeesmaand bekendgestel is.

Gerhard Steyn is terug met ’n nuwe enkelsnit, “Groter as Goliat” wat op Lentedag bekendgestel is. Die lied is deur Steyn self geskryf. In ’n onlangse onderhoud met Maroela Media vertel hy oor die krag van die liefde.

“Dit is lekker om lief te hê én om liefde te ontvang. Ek hoop met dié liedjie kan ek vir ʼn paar minute net daardie hoedervleis-ervaring met die luisteraar deel,” sê hy.

Dit is ook ’n baie goeie week vir Spoegwolf. Hul nuutste enkelsnit, “Swart vere” klim die week met vier plekke om die no. 4-posisie in te neem. Hul jongste album, Wind, is ook onlangs bekendgestel.

  1. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  2. Elandré – “Dag en nag”
  3. Bernice West – “Sonop-blom”
  4. Spoegwolf – “Swart vere”
  5. Bernice West – “Die hart”
  6. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  7. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  8. Appel – “Nonna”
  9. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  10. Jo Black – “Spring”
  11. Loufi – “Boude”
  12. Francois van Coke en Jan Blohm – “Die toekoms”
  13. Die Heuwels Fantasties en Ampie – “Ons moet leef”
  14. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  15. Margot – “Tydelike afleiding”
  16. Juanita & Snotkop – “Ruk die dam”
  17. Len Muller en Stella – “Toevlug”
  18. Brendan Peyper – “Vasdanslyf”
  19. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  20. Juan Boucher en Neil Somers – “In die Bosveld”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.