Sam Smith konserte in Kaapstad gekanselleer

Sam Smith (Foto: Facebook)

Big Concerts het aangekondig dat die oorblywende konserte van die Britse sanger Sam Smith se toer na Suid-Afrika afgestel is.

Smith het Dinsdagaand vir die eerste keer in Kaapstad opgetree, maar moes na 45 minute die verhoog verlaat as gevolg van stem-spanning.

Smith het sy “Thrill of it All”-toer op 13 April by die Ticket Pro Dome in Johannesburg afgeskop, en moes nog twee konserte na Dinsdagaand se mislukte konsert hou.

Big Concerts het gesê alle verdere vertonings by die Grand Arena in Kaapstad, is gekanselleer.

“Hierdie moeilike besluit is gemaak nadat Sam hulp van mediese spesialiste en sy span gekry het én nadat hy gisteraand sy konsert moes kortknip as gevolg van bekommernisse oor sy stem.

“Sam is diep teleurgesteld dat hy nie voor sy aanhangers in Kaapstad kan optree nie, maar hy het tyd nodig om te rus.”

Big Concerts het Smith sterkte toegewens en gesê hy is welkom om enige tyd terug te keer Kaapstad toe.

Computicket sal outomaties terugbetalings aan alle kaartjiehouers doen na die kredietkaartnommer waarmee die kaartjies oorspronklik gekoop is.

Persone wat kaartjies in ʼn winkel gekoop het, moet na hul naaste Computicket-betaalpunt gaan om hul terugbetaling te kry. Die sperdatum vir terugbetalings is 31 Mei 2019.

Smith het nog niks oor die kansellasie op sosiale media gesê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Janine ·

NNNNNNNNNNNNNNNNNNEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE!!! Hoe jammer! het so uitgesien! Hoop Sam word vinnig gesond

LK ·

Min mense besef hoe soveel optreedes op n stem werk. Somigge vocalists vat tot 6-9 dae vir recovery op stem. Kyk nou maar wat het met Meatloaf se stem gebeur agv te veel sing, asook Bert van The Used, Chester LP, hordes. Vinnig gesond word Sam!

Bloudrom ·

Hier by ons sing die meeste afrikaanse sangers met stemspanning en dit lyk of hulle niks daarvan oorkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.