Twee enkelsnitte vir Elandré op Afrikaanse top-20

Elandré (Foto: Facebook)

Elandré se jongste enkelsnit, “Tussen die lakens”, betree vandeesweek Maroela Media Afrikaanse Top-20 op no. 17.

Dié 24-jarige sanger met die kenmerkende diep stem het onlangs sy hart teenoor Maroela Media oopgemaak oor vriende wat hy aan die dood moes afstaan in twee verskillende motorongelukke. Hy het dié liedjie aan hulle opgedra.

“Vuur op die water”, die eerste enkelsnit vanaf Elandré se nuwe album, Boomhuis, is steeds stewig in die no. 2-posisie. Boomhuis het onlangs goue status bereik met ʼn verkope van 15 000 eksemplare.

“Boerepompie”, die uiters gewilde liedjie deur Ricus Nel en Snotkop, bly vir die tweede week in die no. 1-posisie op dié treffersparade. Die musiekvideo vir die liedjie is amper een miljoen keer op YouTube gekyk.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, 11 wat daal en vyf wat onveranderd bly en ʼn nuwe enkelsnit wat die week se top-20 betree.

  1. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  2. Elandré – “Vuur op die water”
  3. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  4. Janie Bay – “Amper daar”
  5. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  6. Jo Black – “Bitter”
  7. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  8. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  9. Theuns Jordaan – “Praat is te laat”
  10. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  11. Biggy – “Dames”
  12. Christia Visser – “17 Shots”
  13. Jo Black – “Voel jy die genade”
  14. Juan Boucher – “Want jy weet”
  15. Fatman – “SOS”
  16. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  17. Elandré – “Tussen die lakens”
  18. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  19. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  20. Refentse – “Liefdegenerasie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.