Die eerste enkelsnit van die sanger Francois van Coke se langverwagte tweede album, Hierdie is die lewe, is vandag bekendgestel.
Die enkelsnit is getitel “Mensdom” en Francois het vroeër aan Maroela Media gesê die liedjie handel oor die menslike toestand. “Dit gaan ook oor die beheer wat die mens uitoefen op die wêreld rondom hom en hoe ek mens is en menslik voel.”
Die bekende rocker, wat op 7 November pa geword het van ʼn babadogtertjie, Alex Lila Badenhorst, sê die liedjie is “ʼn sarkastieste blik op die mens”.
“Ons almal het een ding gemeen, ons lewe, al verskil alle ander dinge. Die liedjie gaan oor die lewe met foute en oorwinnings. Dit is ʼn grungy blues sing-along oor menswees.”
Volgens Francois word die enkelsnit vandag as “kitsbevrediging” vrygestel op iTunes, omdat die album ook vir voorafbestelling beskikbaar gestel word. Die album is eers vanaf Februarie volgende jaar te koop op die winkelrakke.
Hier is die splinternuwe musiekvideo vir “Mensdom”:
Standaard is hoog . Daar is n paar note op die kitaarsolo wat uniek is . Mooi gedoen manne .