Video: Nuwe musiek uit ‘Die Kontrak 2’ se kraal

Samantha Leonard en Dodo Nyoka, die twee finaliste van die sangkompetisie Die Kontrak 2, het pas elkeen ʼn splinternuwe enkelsnit uitgereik.

Die wenner van dié kompetisie word binnekort aangewys op die verhoog van die immergewilde Afrikaans is Groot-konsert in Pretoria.

Leonard, die donkerkop-sangeres wat voorheen ook aan The Voice SA deelgeneem het, of Nyoka sal een van die dae met Arnold Coleske se gesogte platekontrak wegstap en die kans van ʼn leeftyd kry om ʼn loopbaan in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf af te skop.

Leonard het deelgeneem in mentor Monique Steyn se span, terwyl Nyoka in mentor Karlien van Jaarsveld se span deelgeneem het.

Nyoka se enkelsnit getiteld “Foto’s” is ʼn popliedjie. Leonard se “Net een keer” het ʼn rock-element.

Die wenner van Die Kontrak 2 sal op 4 November by Afrikaans is Groot aangekondig word.

Kyk hier na Dodo Nyoka en Samantha Leonard se video’s:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Melanda ·

Beide van hierdie twee kunstenaars is fantasties. Ek sien uit om te sien wat die Grootbaas se besluit gaan wees. Goeie en gesonde kompetisie. #TeamSamantha

Klein Karoo Loper ·

Baie talent, maar jammer om te sê, na die oorname van hierdie musiek maatskappy deur ‘n groter oorsese maatskappy, lyk hul al meer soos die wêreld. Geld najaag het maar sy nadele. Hou maar dop hoe liberaal hierdie mense se musiek gaan word. Die wêreld het mos nou gesien hoe goed gaan dit met die Afrikaanse bedryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.