Wen: Fees bring musiekgees na Mbombela

Argieffoto. (Foto: Unsplash)

Die inwoners van Mbombela (Nelspruit) en Mpumalanga se omliggende provinsies kan in die nuwe jaar opnuut uitsien na ’n splinternuwe fees wat in dié stad kom draai.

Die Wegbreekfees sal op 29 April vir die eerste keer langs die Mbombela-stadion plaasvind.

Met die slagspreuk “Breek weg en leef reg” glo die organisasie aan die stuur van die fees daar gaan nuwe lewe in die Mpumalanga-gemeenskap ingeploeg word.

“Daar is verskeie groot musiek- en kunstefeeste wat jaarliks oor die hele Suid-Afrika heen aangebied word, en Nelspruit is die perfekte stad om ’n dag van Afrikaanse musiek saam met jou familie en vriende te deel,” meen Herman Percival, mede-stigter van die Wegbreekfees.

Feesgangers kan hulself gereed hou vir groot name in musiek op een verhoog. Die lys sluit onder andere Demi Lee Moore, Die Heuwels Fantasties, Refentse, Jay, Brendan Peyper, Nádine, Monique Steyn, Danny Smoke, Elizma Theron, Ivan Roux en Touch of Class in.

Die verhoog word ook gedeel met verskeie splinternuwe kunstenaars soos Zimri, Müller Brandt en Jemma Catherine.

“Ons is ongelooflik opgewonde om massas Afrikaanse musiekliefhebbers van regoor die land heen in die skone Laeveld te ontvang,” voeg Percival by.

Die Wegbreekfees beplan ’n heerlike piekniekatmosfeer op die reusegrasperk langs die stadion waar toeskouers onder die bome kan kuier op hul eie kombers of kampstoel.

’n Reusekoepelverhoog word vanaf Gauteng aangebring en gaste kan vanaf 09:00 tot 00:00 kom kuier saam met hul gunstelingkunstenaars. Daar sal ’n speelterrein beskikbaar wees vir die kleinspan en ’n rits stalletjies sal kos en drankies verkoop.

Early Bird-kaartjies is nou teen ’n spesiale prys op Tixsa beskikbaar tot 31 Januarie.

Vir meer inligting oor die fees, besoek die webwerf.

WEN: Vyf gelukkige lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen na die Wegbreekfees op 29 April 2023 in Mbombela, Mpumalanga. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die kompetisie het gesluit.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Dinsdag 13 Desember om middernag.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Dinsdag 13 Desember om middernag.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners sal kontak maak.
  • Die organiseerders van die kompetisie sal self in verbinding tree met die wenners oor die kaartjies.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner is self verantwoordelik vir alle reis- en verblyfkoste verbonde aan die prys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.