Wen: Salon Musiek vier 25 jaar

Die Brooklyn-teater in Pretoria bied eersdaags ʼn spesiale konsert aan om die impresario-maatskappy, Salon Musiek, se 25ste jaar te herdenk.

Salon Musiek dien die gemeenskap met ʼn verskeidenheid konserte om sodoende werk vir musici te skep en uitreikgeleenthede te fasiliteer.

Die afgelope 25 jaar ondersteun hoogsgewaardeerde beskermhere hierdie werk met matelose lojaliteit.

Die program vir die konsert behels ʼn samestelling van klassieke werke en die hoofwerk, naamlik die Magnificat (JS Bach), word beskryf as een van die mees volmaakte barokwerke wat geestelike en liggaamlike genesing bring.

Op Saterdag 9 Maart en Sondag 10 Maart begelei Zanta Hofmeyr die Salon Musiek Barok-ensemble. Die Studio Chorale-koor is ook te sien.

So lyk die program

  1. Konsert vir viool en hobo – JS Bach
  2. Magnificat – JS Bach
  3. Studio Chorale – 5 soliste, orrel en kamerorkes
  4. Pouse
  5. Brandenburgkonsert no. 3 – JS Bach
  6. Zadok die Priester – Händel (uit Coronation Anthems)
  7. Orrelkonsert – Opus 4 no. 1 Händel
  8. Hallelujakoor – uit die Messias

Kaartjies kos tussen R180 en R320 en is beskikbaar by die Brooklyn-teater: 012 460 6033.

Wen

Agt gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die Salonmusiek-viering by die Brooklyn-teater op Saterdag 9 Maart om 18:00 of op Sondag 10 Maart om 15:00. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Die kompetisie sluit op Maandag 4 Maart om 08:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.