Bye ma, Jaypee

10-11 September 2011/Atterbury Teater

Gebaseer op ‘n ware verhaal

Met: Chris van Niekerk
Regie: Margit Meyer-Rodenbeck
Teks: Daleen Kruger
Vervaardigers: Herman Pieters en Margit Meyer-Rodenbeck

‘n Ruk na Ma Grieta op die wit laken gaan lê het, haar siel aan God gegee het en die res van haar “aan mense wat dit nodig het”, het Jaypee in 2002 begin om elke jaar ‘n brief aan sy Ma op haar verjaarsdag in Die Burger se doodsberigte te plaas:

“Vandag is Ma 95. Dankie, Ma, dat Ma my grootgemaak het of ek heeltemal normaal is en nooit “odd” laat voel het nie. Deon Chang sê op ‘n Woolworths poster “it’s a privilege to be different”. Ek kan my voorstel Ma met vlerke en die spierwit hare. Ek wonder hoe lyk Hansie met vlerke.”(Die Burger; 11 Okt 2004.)

Die vertoning is ‘n menslike verhaal met lewensgetroue humoristiese oomblike wat jou sal laat huil van die lag, net om kort daarna weer ‘n hartseer traan weg te pik. “Oprah Winfrey sê ‘n kind kies sy ouers. As ek alles in die lewe verkeerd gedoen het, het ek ten minste een ding reggedoen en dit was om Ma te kies. Bye Ma, Jaypee.”

WEN! Atterbury Teater gee aan Maroela-ondersteuners kaartjies weg na Chris van Niekerk se produksie “Bye ma, Jaypee” wat Saterdag, 10 September en Sondag, 11 September in Atterbury Teater, Pretoria wys. Stuur ‘n e-pos met die onderwerp “Jaypee” na [email protected] en dui aan of jy Saterdag se 20:00-vertoning of Sondag se 16:00-vertoning wil bywoon. Verskaf ook jou kontaknommer. Die eerste vier e-posse wen elk ‘n dubbelkaartjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.