‘Afskaal’-wenner verloor meer as 30 kg

Jandri Swart, Beverley-Ann van Greunen, Noelien Badenhorst en Hennie van der Walt

Die laaste episode van die gewilde kykNET-reeks “Afskaal” het eintlik vier wenners gehad. Só voel die algehele wenner, Jandri Swart (40) van Clubview, Centurion.

Dié ma van ‘n 12-jarige seun en 9-jarige tweelingdogtertjies het reg aan die begin van die reeks genoem dat sy dit as ʼn ongelooflike “journey” beskou wat voorlê, maar nie eers in haar wildste drome het sy gedink dit gaan so onvergeetlike ervaring wees nie.

Boonop voel sy dat sy sommer twee sussies en ʼn broer bygekry het in die proses. Kykers kon week ná week sien hoe Jandri, Beverley, Hennie en Noelien mekaar ondersteun en moed ingepraat het, net soos ware familie dit sou doen. En alhoewel Jandri erken die wen is groot, was dit nie die hoofrede hoekom sy ingeskryf het nie. Dit was alles oor die “journey” en daarom beklemtoon sy haar gevoel dat die reeks eintlik vier wenners opgelewer het, nie net in gewig nie, maar ook in vriendskap en liefde.

Aan die begin van die reeks, was Jandri se gewig 103,8 kg en sy het gesê sy wou dit graag afbring na 78 kg toe. Maar toe verloor dié sjirurgiese konsultant ʼn skrapsie meer as 30 kg en bereik ʼn eindgewig van 73,3 kg. Dit was beslis die prysgee van haar gunstelingpakkie aartappelskyfies werd!

Behalwe vir mekaar, asook kykers se ondersteuning, sê Jandri sy sal ook nie huiwer om Slender Wonder aan te beveel aan enigiemand wat gewig op ʼn gesonde manier wil verloor nie. “Dit is maklik, eenvoudig en dit werk! En ek voel wonderlik, vol energie en lus vir die lewe.” Dan kyk sy weer vir haarself in die spieël en som alles netjies op met ‘n “Wow! Wow! Wow!”

Maar wat van die ander deelnemers? Beverley van Boksburg se begingewig was 114,4 kg en sy wou dit afbring na 90 kg toe. Haar gewig aan die einde van die reeks was 87.5 kg.

Hennie van Randfontein se 149,1 kg begingewig het teen die einde van die reeks gekrimp na 106,3 kg (teenoor sy doelgewig van 110 kg.)

Laastens, maar nie die minste nie, het Noelien van Meyerton aan die begin van “Afskaal” 106,4 kg geweeg. En alhoewel sy nie haar doelgewig van 75 kg kon bereik tydens die reeks nie, het sy steeds daarin geslaag om 19 kg af te skud.

Om meer uit te vind oor Slender Wonder se reeks gewigsverliesprodukte, volg Slender Wonder op sosiale media of gaan na www.slenderwonder.co.za vir nog susksesverhale soos dié van Jandri, Beverley, Hennie en Noelien.

Volg kykNET en Slender Wonder op sosiale media vir die jongste nuus.

Vir meer inligting en om ander verhale van sukses te lees, besoek www.slenderwonder.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.