Boer soek ʼn vrou: Só het die liefde geseëvier

Die boere van seisoen 12 kuier saam in die Kaap. (Foto: Skermgreep/Verskaf)

Die boere van seisoen 12 kuier saam in die Kaap. (Foto: Skermgreep/Verskaf)

Die 12de seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het Donderdagaand tot ʼn einde gekom. Die boere het oudergewoonte in die Kaap herenig om hul nuwe liefdes te wys en natuurlik het ʼn handjievol boere alleen opgedaag.

Boer Hentie (51), wat op Clanwilliam in die Wes-Kaap op ʼn rooibosteeplaas woon en werk, het saam met Hantie opgedaag by die reünie. Hantie het aan Leah, die aanbieder van die program, gesê dat logistieke reëlings eers getref moet word voordat sy sak en pak na Hentie se plaas kan trek, maar dat dié planne wel in die pyplyn is.

Die vroue op Hentie se plaas het gesorg vir groot konsternasie toe Hester, ʼn onderwyseres van Johannesburg, self besluit het om die plaas te verlaat. Hoewel Hentie daarna erken het dat hy vir Hester bo Hantie sou kies, het Hantie besluit om agter te bly en vir Hentie ʼn kans te gee.

Boer Hentie en Hantie. (Foto: Skermgreep/Verskaf)

Leah het vir Hentie daarop gewys dat hy die heeltyd vir Hantie kyk. “Ek kyk mos al van die begin af vir haar, julle weet mos,” het hy skaam gesê.

Boere Graham (26) en Willem (29) het ook albei opgedaag met die meisies wat hulle op die plaas gekies het. Graham en sy nooi, die PUK-student Ilne, asook Willem en Sanel, wat op Mooinooi woon, was ooglopend verlief. Albei dié paartjies het aan Leah gesê hulle is tans in langafstandverhoudings. Graham is ʼn melk- en beesboer op Cradock in die Oos-Kaap terwyl Willem, nes buurman Hentie, met rooibostee boer by Clanwilliam in die Wes-Kaap.

Boer Damian (37) het opslae gemaak toe hy aangekondig is as die eerste Boer soek ʼn vrou-deelnemer wat ʼn manspasmaat soek. Hy het vir Andrew, Arno en Ivan na sy plaas genooi en uiteindelik het Andrew sy oog gevang.

Ten spyte hiervan het Andrew nie saam met Damian by die reünie opgedaag nie.

Boer Theunis (36) boer met tafeldruiwe op De Doorns in die Wes-Kaap en het ook alleen by die reünie opgedaag. Kykers het na hul asem gesnak toe Marcia, die vrou wat hy uiteindelik as sy pasmaat gekies het, besluit het sy wil nie langer op die plaas aanbly nie.

Renette en haar verloofde, Lian du Plessis. (Foto: Facebook)

Renette, wat saam met Marcia gekies is om op die plaas agter te bly nadat hy vir Nericha huis toe gestuur het, het op Nuwejaarsdag verloof geraak aan Lian du Plessis.

“Met die eerste sonsopkoms van 2020 het jy my die gelukkigste vrou ooit gemaak,” het sy op haar Facebook-profiel geskryf. “Nou weet ek hoekom dit die moeite werd is dat God mens se liefdesverhaal skryf. Dankie Here vir dié ongelooflike blessing. Lief jou met my hele hart [sic].”

Die ander vyf van die top-tien gekose boere vir dié seisoen het ook almal die reünie bygewoon en die enigste Engelse boer, boer Brandon (31), het met ʼn nuwe meisie, Llani, aan sy sy opgedaag. Brandon boer met skaap en bees op Stutterheim in die Oos-Kaap.

Llani het aan Leah gesê hoewel sy nie vir Brandon geskryf het nie, het sy dadelik van hom gehou toe sy hom op die kassie gesien het. Dié twee het mekaar uiteindelik op sosiale media gevind.

“Ek het hom op Facebook gesoek, maar dit was ʼn doodloopstraat. Toe kry ek hom op Instagram,” het Llani vertel.

Boer Albert (29) boer met wol, merino en wild op Noupoort in die Noord-Kaap en het alleen by die reünie opgedaag hoewel daar ʼn nooi in sy lewe is. Boer Rohan (31), ʼn tafeldruiweboer van Augrabies in die Noord-Kaap, en boer Gerrit (31), ʼn sitrusboer van Citrusdal in die Wes-Kaap, het ook alleen opgedaag, maar het ook albei gesê dat hulle nie enkellopend is nie.

Boere Gerrit, Rohan en Albert. (Foto: Skermgreep/Verskaf)

Boer Franco (30) het saam met ʼn blondekopnooi, Nicole, by die reünie opgedaag. Hoewel hulle net vriende is, het dit tog gelyk asof hulle ogies vir mekaar maak.

Boer soek ʼn vrou het na afloop van Donderdagaand se laaste episode van die 12de seisoen aangekondig dat Leah vir eers die plaas vaarwel toeroep.

“Ek dink nie daar is genoeg woorde om my dankbaarheid te beskryf vir almal wat my so deurentyd ondersteun en aanvaar het as die nuwe aanbieder nie. Ek het groot skoene gehad om vol te staan en het my beste en alles gegee. Ek gaan Boer soek ʼn vrou regtig mis,” het dié aanbieder en sangeres aan Maroela Media gesê.

Sy het bygevoeg dat sy opnuut nuwe respek vir die boere van Suid-Afrika gekry het. “Hulle het soveel passie ondanks die moeilike tye en dit sal my vir ewig en altyd bybly. Ek dink ook ek wil nou self ʼn plaasjapie word,” het sy geskerts.

Die volgende aanbieder van die program is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Liza ·

So bly vir jou Renette! Liefde kom oor jou pad op die regty tyd, ek het my liefde gevind op 44! Theunis, die regte een wat jou sal waardeer sal kom, hou moed! So oulike groep mense! Mal oor Damian! Mal oor Hentie en Hantie, baie bly Hester het besluit om te gaan! Jammer Hester, maar Hantie pas beter, my beskeie opinie! Mag die liefde seevier!

Riette ·

Ek is ook mal oor Damian Dink hy is ‘n baie opregte mens!

Vrou soek boer ·

Dit was die beste een ooit, soveel boere wat liefde gevind het. Leah, jy was uitstekend en ons gaan jou baie mis.

Katoolsie ·

Stem Sakkie, daar is altyd iets om voor dankbaar te wees

Petra ·

Sakkie as jy dan nou so bly is dat jy dit gemis het…..hoekom ingegaan op die berig ??? Eks Baie bly ek het dit NIE gemis . Dit was een van die bestes ! Lea jy is vrek oulik met die net so oulike boere gewees

Riette ·

Wat ‘n oulike groep Boere, Almal van hulle was baie aangenaam. Ek dink dit was die beste reeks ooit! Dink hulle is almal as vriende uitmekaar. Baie dankie Dink hier kan dalk ‘n paar huweliksklokkies lui!

Mervin ·

Goeie reeks gewees! Vir die wat kla, gaan kyk dan eerder na Hotel en Lelieveld. Laasgemoemde is twee van die swakste programme ooit op Kyknet. Hoe Kyknet dit as @komedie kan aanbied, weet net hulle. Swak storielyn. Swak akteurspel. (Lw, daar is briljante aktrises soos Simone en Mila, maar die rolle wat hul vertolk is ‘n klap in hul gesig). Kyknet het seker die swakste komedie skrywersin die wereld.

Thomas Murray ·

Kan Ons asseblief tog die Boer soek n ou uit hierdie program laat?

Hardus ·

Boer se ‘n Vrou se gay deel was darem nie so aangeplak, irriterend en in swak smaak soos die gay tonele in Fynskrif en Tydelik Terminaal nie!!

Cheryl ·

Ek stem, hierdie reeks was ook vir my die beste van almal gewees. Ek het dit baie geniet met al die humor en ek dink ook boer Damian was baie oulik

Francien ·

Ek is met jou Mervin. Kyknet is clueless as dit by komedie kom. Hotel is absoluut 0% snaaks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.