En die wenners van ‘Love Island SA’ is …

Libho en Thimna saam met die aanbieder, Leandie du Randt (Foto: MNet)

Thimna Shooto (26) en Libho Geza (23) is Sondagaand as die wenners van die eerste seisoen van Love Island SA aangewys.

Dié Oos-Kaapse paartjie het skoonskip gemaak in die eindronde van Love Island toe hulle 53% van die 1,6 miljoen stemme ontvang het.

Kykers kon tydens die eindronde vir een van die finale vier paartjies stem. Millie en Asad, wat die naaswenners was, het meer as 30% van die stemme gekry. In die derde plek was Mischka en Xavier en vierde was Ross en Tania.

Thimna en Libho het weggestap met ʼn kontantprys van R1 miljoen, wat hulle besluit het om gelyk tussen hulle twee te verdeel.

Die finale vier paartjies van Love Island SA seisoen 1 (Foto: MNet)

Libho sê hy is oorweldig deur gevoelens en kan nie glo hulle het gewen nie.

“Ek voel goed, maar om eerlik te wees, het dit nog nie ingesink nie. Die grootste prys van alles is om Thimna my meisie te kan noem, so al die ander goed voel soos die kersie op die koek.”

Thimna sê sy is dankbaar teenoor die kykers vir hul ondersteuning, asook dat haar ervaring op Love Island haar oë in baie opsigte oopgemaak het.

“Ek het soveel goed besef, goed en sleg, en ek is so dankbaar vir die lesse wat ek kon geleer het.”

Die laaste episode van Love Island kan nog tot 10 Mei op DStv Catchup gesien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.