Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Klein Karoo 2’

Aanhangers van die rolprent Klein Karoo wag al langer as agt jaar om uit te vind wat sedertdien in die lewens van Frans, Cybil, Bongi, Jackie en die res gebeur het.

Die wag is uiteindelik verby en Klein Karoo 2 sal van 15 Desember op DStv Box Office te sien wees.

Die rolprent is vervaardig deur SCENE23, ʼn produksiemaatskappy onder leiding van Deon Meyer, Tim Theron, Cobus van den Berg, Tracey Lange en Jorrie van der Walt.

Akteurs soos Tim Theron, Leandie du Randt, Sisanda Henna, Pierre Breytenbach, Hykie Berg en Anel Alexander, wat ook in die vorige fliek te sien was, maak weer ʼn draai in Klein Karoo 2.

Marciel Hopkins, Nicole Fortuin, Bennie Fourie, Margit Meyer-Rodenbeck, Gerben Kamper, Hein de Vries en Antoinette Pienaar maak ook ʼn verskyning in die nuwe fliek.

Frans (Theron), wat gedwing word om ʼn tree terug te gee en sy lewe te herevalueer nadat hy vir die tweede keer voor die kansel gelaat is, kom egter gou agter dat dinge eintlik erger kan word. Op pad terug, nadat hy ontdek het dat hy ʼn breingewas het, stop hy langs die pad om vir Chloë (Hopkins), ʼn beeldskone boer wat besig is om ʼn heining reg te maak, te help.

Frans is bang en versigtig omdat sy hart pas weer gebreek is, maar dit is duidelik dat daar aantrekkingskrag tussen hom en Chloë is. Terselfdertyd bring Frans meer tyd saam met Jackie (Du Randt) deur en ontdek hy ʼn kant van haar wat hy nie ken nie. Hy identifiseer met haar kuns en kan nie ontken dat sy hart ʼn bietjie vinniger klop as wat hy wil erken nie.

Kyk hier na Floris Groenewald se resensie van Klein Karoo 2:

Kyk hier na die lokprent:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elinette ·

Dis net nie regverdig dat die fliek nie aan die algemene publiek by flieks regoor die land vertoon word nie. Nie almal het Dstv Premium en kan elke keer R45.00 betaal vir ‘n “Box Office release” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.