Foto’s: Emmys-modes laat koppe draai

Moses Ingram, Anya Taylor-Joy en Marielle Heller. (Foto: Rich Fury/Getty Images/AFP)

Wêreldbekende televisiesterre het Sondagaand die koppe laat draai in kleurvolle modekeuses by die 73ste jaarlikse Emmy-toekennings by die Microsoft-teater in Los Angeles, Kalifornië.

Helder kleure soos pienk, rooi, geel en oranje het die rooi tapyt oorheers, terwyl eksentrieke, byderwetse modekeuses ook aan die orde van die dag was.

Bowen Yang, ster van Saturday Night Live, het hulde aan die ontslape musikant David Bowie gebring met sy skitterblink silwer stewels en ʼn swart snyerspak.

Jason Sudeikis, ster van die reeks Ted Lasso en wenner van die toekenning vir beste akteur in ʼn komediereeks, het ʼn blou fluweelpak deur Tom Ford aangehad.

Billy Porter het in ʼn flambojante swart uitrusting en hoë hakke verskyn, terwyl Kate Winslet in ʼn eenvoudige swart rok die geleentheid bygewoon het.

Dan Levy van Schitts Creek-faam het ʼn helderblou Valentino Haute Couture-pak gedra en Nicole Byer het soos ʼn helderpers wolk in ʼn Christian Siriano-uitrusting oor die tapyt gesweef.

Die Ratched-ster Sarah Paulson het die oog gevang in ʼn dramatiese rooi rok en The Flight Attendant se Kaley Cuoco het ʼn lemmetjiegroen skepping vir die geleentheid gekies.

Daar was ook ʼn paar vreemde modekeuses vir die aand: The Crown se Emma Corrin, wat die rol van prinses Diana vertolk het, het ʼn ongewone kappie op haar kop gedra, terwyl Carl Clemons-Hopkins ʼn Bardot-halslyn gekies het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Antoinette ·

Dis die lelikste klere en ek sal skaam wees om sulke ‘ontwerpersklere’ te dra. Ek maak liewer my eie.

Anna-Marie ·

As mens geld moet he om klere te kan koop wat soos jou ouma ansie se dra net by die huis pajamas lyk , bly ek eerder net ARM

Karinb ·

Liewe aarde! Die enigste twee wat vir my mooi lyk is Kate Winslet en Jason Sudeikis. En daai Amish kappie wat die Emma-kind op haar kop gedra het … foeitog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.