Foto’s: Ontmoet die 16 nuwe ‘Plaasjapies’

Ewan Strydom, aanbieder van ‘Plaasjapie’. (Foto: Verskaf)

Altesaam 16 nuwe stadsjapies maak gereed om hulle sagte bedjies en die stadsliggies vir die plaasvlaktes te verruil in die jongste seisoen van die kykNET-werklikheidsreeks Plaasjapie.

In dié program sal deelnemers vir die eerste keer ooit boerdery kaalhand aanpak, sonder katoeters of moderne tegnologie, in ʼn poging om R1 miljoen te wen.

Die tweede seisoen van Plaasjapie begin op Donderdag 18 April om 20:00 op kykNET en Ewan Strydom is weer as aanbieder te sien.

Plaasjapie se formaat is soortgelyk aan die oorlewingsreeks Survivor en speel af in die Swartland aan die Weskus in die Wes-Kaap.

Deelnemers moes verlede jaar onder meer skape jaag, draad span, mielies plant en talle fisieke uitdagings aanpak terwyl hul in spanverband ook ʼn klein “plaas” met hoenders, varke, skape en beeste moes onderhou.

Dian Louw, ʼn kunstenaar van Pretoria in Gauteng, het verlede jaar bewys dat strategie belangriker is as spiere toe hy die eerste wenner van dié werklikheidsreeks geword het.

Dian Louw verlede jaar aangewys as die wenner van ‘Plaasjapie’. (Foto: Verskaf)

Ondanks die uitdagings, en negatiewe kommentaar, wat hy moes trotseer weens sy keuse om verlede jaar se Plaasjapie-gunsteling Roché Killian uit te stem, het hy destyds aan Maroela Media gesê dat dié ervaring hom emosioneel sterker gelaat het.

“Die samelewing plaas ons almal in stereotipiese boksies, maar Plaasjapie wys hoe mens ander verkeerd kan bewys as jy net ʼn kans gegun word.”

Die nuwe plaasjapies, wat van Piet Retief tot Windhoek kom, bestaan uit agt mans en agt vroue tussen die ouderdomme van 20 en 55.

Hier is die nuwe plaasjapies vir seisoen twee:

Stanley Venter (24), ʼn motoronderdeleverkoopsman van Pretoria, Gauteng

Stanley Venter. (Foto: Verskaf)

Riaan Snyder (30), ʼn SHEQ-beampte (veiligheid-, gesondheid- en omgewingsbestuur) van Piet Retief, Mpumalanga

Riaan Snyder. (Foto: Verskaf)

André Mouton (44), ʼn padskraper-operateur van Pacaltsdorp naby George in die Wes-Kaap

André Mouton. (Foto: Verskaf)

Etienne de Villiers (36), ʼn bruilof- en geleentheidsbeplanner (eienaar en uitvoerende hoof van ART Weddings & Events) van Pretoria, Gauteng

Etienne de Villiers. (Foto: Verskaf)

Blue Kester (39), ʼn gemeenskapsontwikkelingskoördineerder van Bellville in die Wes-Kaap

Blue Kester. (Foto: Verskaf)

Liovian Anderson (40), ʼn entrepreneur van die Paarl in die Wes-Kaap

Liovian Anderson. (Foto: Verskaf)

Michelle de Waal (42), ʼn mediese verteenwoordiger van Windhoek, Namibië

Michelle de Waal. (Foto: Verskaf)

Milandie Grimbeek, ʼn haarstilis van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap

Milandie Grimbeek. (Foto: Verskaf)

Zanie van Rensburg (53), gewese gim-eienaar en deesdae verkoper van sporttoerusting van Pretoria, Gauteng

Zanie van Rensburg. (Foto: Verskaf)

Anelda Price (24), ʼn finalejaarstudent in maatskaplike werk, van Parow-vallei in die Wes-Kaap

Anelda Price. (Foto: Verskaf)

Jannie Holsthyzen (20), ʼn sekuriteitswag van Pretoria, Gauteng

Jannie Holsthyzen. (Foto: Verskaf)

Pieter Gouws (28), ʼn meganiese ingenieur van Kaapstad, Wes-Kaap

Pieter Gouws. (Foto: Verskaf)

Liezle Wiese (56), ʼn verkoopsverteenwoordiger en bemarker in die konstruksiebedryf van Germiston, Gauteng

Liezle Wiese. (Foto: Verskaf)

Donovan Massyn (34), ʼn senior handelsrekeningbestuurder van Pretoria, Gauteng

Donovan Massyn. (Foto: Verskaf)

Danielle Reinecke (24), ʼn somatoloog van Rustenburg, Noordwes

Danielle Reinecke. (Foto: Verskaf)

Monique Hobkirk (42), ʼn somatoloog van Nelspruit, Mpumalanga.

Monique Hobkirk. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wit Buffel ·

Sien politiek speel ook weer n rol in die seisoen se keuses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.