Soorte resepte:

Kokkedore gee raad vir Braaidag

Die kranige braaiers van Kokkedoor Vuur & Vlam het ʼn paar brokkies braairaad om op Erfenisdag, ook bekend as Braaidag, te deel.

Ashley Dokter, 34, Mosselbaai

Ashley Dokter. (Foto: verskaf)

As jy langs my vuur kom staan, ongeag wat op die kole aangaan moet jy die beste mens wees wat jy kan wees. Wees ʼn trotse Suid-Afrikaner en geniet dit.

Borries Bornman, 46, Alberton

Borries Bornman. (Foto: verskaf)

Vergeet van tyd, soveel minute op die kant en soveel op daai kant op die vuur maak geen sin as geen vuur dieselfde is 15 minute uitmekaar nie. Moenie uit vuur uit hardloop nie. Kyk na kleur. Voel jou vleis.

Cindy Menigo, 38, Wellington

Cindy Menigo. (Foto: verskaf)

Beheer jou vuur en kole die heel tyd. Sy is soos ‘n vrou, as jy haar te kwaai stook, gaan jy brand en as jy haar afskeep, kry jy vaal kos. Braai waarvan jy hou, jy hoef niemand te beïndruk nie, want as jy met liefde braai sal dit heerlik wees. Proe alles!

Gert Joubert, 31, Jeffreysbaai

Gert Joubert. (Foto: verskaf)

As jy dit geniet dan doen jy iets reg.

Kevin Reed, 24, Brackenfell

Kevin Reed. (Foto: verskaf)

Hou jou hitte dop.

Bertus Fourie, 49, Wellington

Bertus Fourie. (Foto: verskaf)

Die wit wyn moet koud wees. Op ’n ernstige noot, as ek moet sê raak stil, en dissekteer die vuur in sy dele: vlamme, rook, as en kole. Jy sal dan vinnig besef dat jy soveel meer kan doen as net ’n tjoppie gaar kry, want die vlamme seël, kole rooster, as stowe en rook geur.

Joubert Spies, 38, Pretoria

Joubert Spies. (Foto: verskaf)

As jy dink jy het genoeg vuur om te braai, gooi nog hout op.

Karen Els, 46, Malmesbury

Karen Els. (Foto: verskaf)

Dit is basies twee wenke wat saamloop, wat ek altyd probeer toepas. Moet nooit jou vleis aanhou omdraai nie. Nadat jy hom op jou warm rooster plaas, draai jy hom net een keer om. Ek hou altyd ‘n spuitbottel met gegeurde soutwater of olyfolie byderhand om vleis gereeld te mee spuit. Dit is dieselfde as hoe bedruiping vir ‘n spit werk.

Nate Smith, 48, Durbanville

Nate Smith. (Foto: verskaf)

Moenie bang wees vir kole wat te warm is nie. Dit werk beter vir karamelisering en om sous binne te hou. Jy kan dit dan na laer kole beweeg en gaarheid bepaal. Nie so maklik as jy met kole wat te koud was, begin het nie.

  1. Nicole Buirman, 35, Robertson

Nicole Buirman. (Foto: verskaf)

Moenie die vleis doodbraai nie.

Kokkedoor Vuur & Vlam saai Donderdae om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronél ·

Kevin en Joubert, ek hoop julle 2 is in die finaal en WEN………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.