Resensie: Depp, Heard was vuil wasgoed in dokkie oor hofsaak

DEPP V HEARD
⭐⭐⭐⭐⭐(5/10)
Met Johnny Depp en Amber Heard
Regisseur: Emma Cooper
(Netflix)

Daar is min mense wat seker nie van die hofsaak tussen die Pirates of the Caribbean-ster, Johnny Depp, en sy voormalige vrou, die filmster, Amber Heard, weet nie.

Hulle het mekaar ʼn paar jaar gelede gedagvaar – Amber Heard veral omdat Depp haar glo emosioneel en fisiek sou mishandel het, en hy vanweë die skade wat sy aan sy loopbaan aangerig het.

Die opspraakwekkende hofsaak, wat weke lank op die voorblaaie van elke liewe koerant of tydskrif in die wêreld geboer het, wys nou op Netflix as Depp V Heard. Dit fokus nie net op Heard en Depp wat vieslike vuil wasgoed, veral vanuit die slaapkamer, in die openbaar gewas het nie, laat staan nog uiters vyandiggesind in die hof was nie, maar oor die invloed van sosiale media.

Skielik het almal ʼn opinie, van die sogenaamde beïnvloeders op sosiale media, tot verslaggewers, YouTubers, TikTok-vervaardigers en die publiek. Eintlik ontmasker Depp V Heard (of Depp Versus Heard), watter ongelooflike krag sosiale media, en die skrywers en aanbieders op die publiek se opinie het.

Dit is natuurlik reeds welbekend wat die uitspraak was, en die dokkie konsentreer ook op die vitrioel wat gevloei het. Die beledigings wat veral na Heard gewerp is, en die invloed wat dit op albei sterre gehad het, word beklemtoon: Een ʼn nonchalante oorwinnaar wat aanhoudend breed geglimlag het, en die ander gemartel en bespot deur die publiek.

Depp V Heard sal jou hare laat orent staan.

(5/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.