Resensie: Kragtoer-reeks knel soos ʼn doringdraad

Donkerbos.

DONKERBOS
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐/10  
Met Erica Wessels en Stian Bam
Regisseur: Nico Scheepers
(Slegs op Showmax)

Jy het nog nooit iets soos Donkerbos gesien nie.

Hierdie grillerige en baie wrede Afrikaanse TV-reeks speel in Limpopo af. ʼn Gemeenskap kry swaar en kinders word mishandel. Dan begin die kleintjies die een ná die ander verdwyn. Hoekom? Wie vermoor hulle? ʼn Vrouespeurder, Fanie, uitmuntend gespeel deur Erica Wessels, ondersoek die moorde en ontdek: Dis nader aan haar binnekring as wat sy besef.

ʼn Stewige waarskuwing: Donkerbos het ʼn streng beperking van niemand onder 18. Dit waarsku dat ons tans in ʼn wettelose en korrupte land lewe sonder orde, en waar die dood en rampe enige oomblik wag.

Dit wys ook dat ʼn vrou helder en anders dink as die gewone manspeurders, en dat ʼn ma se liefde en metode van ondersoek ʼn saak vinnig kan oplos.

Leandie du Randt in ‘Donkerbos’. (Foto: Verskaf)

Die Suid-Afrikaanse bos was nog nooit so bedreigend nie. En veral Nicole Holm as Marietjie lewer ʼn kragtoer.

Onthou: Al kry Donkerbos 9/10, is dit geen gemaklike kinderspeletjie nie, nog minder ʼn veilige sepie wat gerieflik ontvou. Dit knel jou soos ʼn doringdraad en laat letsels.

Nico Scheepers se Donkerbos is nou volledig op Showmax.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.