SA tenoor wen harte by ‘Britain’s Got Talent’

Innocent Masuku. (Foto: skermgreep)

Die beoordelaars van die talentsoekprogram Britain’s Got Talent glo hulle het pas die “beste operasanger nog ooit” op die program gehad, en dié tenoor is Suid-Afrika se eie Innocent Masuku.

Sy uitvoering van Lucio Dalla se “Caruso” het elkeen van die beoordelaars beïndruk, met Amanda Holden wat gesê het dat hy “een van die beste operasangers” is wat al ooit op die program was.

“Dink jy jy kan wen?” het Simon Cowell, een van die beoordelaars van die kompetisie, se vraag aan Innocent gelui, waarop die sanger met ʼn selfversekerde “ja” geantwoord het.

Innocent is gebore en getoë in Secunda, Mpumalanga, maar woon deesdae in Londen. Sy eerste optrede was as Crabman in ʼn produksie van Porgy and Bess.

Sedertdien het sy loopbaan van krag tot krag gegaan.

Hy het in 2019 ʼn prys by die Suid-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie (Samro) en ʼn Drake Calleja Trust-toekenning losgeslaan. Hy het ook die Oppenheimer Internasionale Beurs ingeoes, asook ʼn toekenning van die Countess van Munster Musikale Trust. Dit is juis met dié beurse wat hy ʼn pad na die internasionale mark kon oopkerf.

Kyk na Innocent Masuku se Britain’s Got Talent-optrede hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

piet ·

Wel, Amanda Holden se hy is die beste opera sanger ooit op BGT. So terloops – ek sien Amanda is 53 jaar oud. Sy lyk baie goed.

Wikkie ·

Amanda Holden het nie gesê “een van die bestes” nie, maar eerder “by vêrre die beste” opera sanger wat hulle al ooit op die program gehad het. Hoewel al die goeie opera sangers vir my presies dieselfde klink en ek daarom nie noodwendig saam met Amanda kan stem nie, is ek steed woes-trots op nog ‘n Suid-Afrikaner wat ‘n positiewe indruk en impak maak op die wêreldspektrum. Hy kan verseker goed sing en sy oudisie was knap gedaan.

Dienie ·

Wow Masuku ongelooflik!! Maak my baie trots wanneer ons kunstenaars uitgaan en wys watse talent ons ook het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.