Sepiegids: Naomi probeer vrede vind in ‘Binnelanders’; Nazeem is bitter teenoor sy familie in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Joline (Rika Nieuwoudt) in “Binnelanders”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 19 Februarie

Delia se potensiële plan om Binneland te red, val plat. Naomi wil op ʼn manier vrede vind, en Tracy maak reg vir oorlog.

Dinsdag 20 Februarie

Henry weier om Conrad en Binneland met die media te help, tensy hulle vir hom gee wat hy wil hê. Louis is baie bekommerd oor Naomi se besoek aan Steve se ma, en Conrad besluit om Lukas se hulp in te roep.

Woensdag 21 Februarie

Lukas bevraagteken sy besluit om Conrad in sy stryd te help, en Annetjie en Henry wil ʼn plan beraam om Binneland se beeld te poets. Naomi besluit om met die pasiënte in die Oorplantingsentrum te gaan gesels.

Donderdag 22 Februarie

Annetjie se bewondering vir Henry groei by die dag. Steve gee vir Naomi ʼn idee, en Conrad se woede ken geen perke nie.

Vrydag 23 Februarie

Joline begin agterdogtig raak oor Conrad se bewerings, en Delia waarsku Tracy en Tertius. Naomi steek voelers uit oor haar toekoms by Binneland, en Annetjie is verlief.

Suidooster

Weekdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 19 Februarie

Zoë is vasberade om vir Nazeem te help, terwyl Siya op soek is na ʼn ekstra bron van inkomste. Mymoena reik uit na Sammy en Angie verras vir Wade.

Dinsdag 20 Februarie

Siya begin met sy nuwe werk, terwyl Angie ʼn kitsoplossing vir haar verkoue soek. Bridgette is geskok oor Zoe se betrokkenheid by Nazeem, en hy is bitter teenoor sy familie.

Woensdag 21 Februarie

Siya en Danni bereik ʼn ooreenkoms oor hulle toekoms, maar Danni het ander idees. Daar is konflik by JPD oor Tim se rol, terwyl Wade op ʼn geheimsinnige uitstappie gaan.

Donderdag 22 Februarie

Carlo doen skaduwerk by Tim terwyl daar weer konflik tussen die Thuli’s is. Mymoena is op ʼn wolkie ná haar kursus saam met Sammy, maar hoe lank gaan dit hou?

Vrydag 23 Februarie

Die Thuli’s se dag is vol verrassings, terwyl Sammy weer oop kaarte met Bridgette speel. Wade skuld Angie ʼn verduideliking, en die geleentheid van ʼn leeftyd kom oor Tim se pad.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 19 Februarie

Rossouw probeer ontsnap. Lucy flankeer met Jacques. Sanet probeer haar aandag van die Ben-situasie aftrek.

Dinsdag 20 Februarie

Die Swartse verwerk die skok oor Rossouw. Johan worstel met ʼn moeilike besluit. Sanet ervaar ʼn openbaring rakende haar verhouding met Ben.

Woensdag 21 Februarie

Sanet se goeie daad maak nie van Mari minder van ʼn vuurvreter nie. Nina moet vinnig op haar voete dink, en Rossouw moet ʼn nuwe speletjie speel.

Donderdag 22 Februarie

Sanet is gefrustreerd omdat Ben nog spasie nodig het. Mari het genoeg gehad van Sanet. Is daar hoop vir Wim en Lucy?

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 19 Februarie

Beatrice en Kyle sit vas oor haar nuwe gas in die huis. Lionel verneem skokkende nuus. Janice kry ʼn spontane terugflits oor die aand toe sy haar geheue verloor het.

Dinsdag 20 Februarie

Janice ruk haarself reg en tree vinnig op. Saartjie sukkel om ʼn geleentheid te kry om Bianca van Danté te vertel. Abigail vind uit hoekom Kyle nie meer kom kuier nie.

Woensdag 21 Februarie

Abigail maak dit duidelik dat sy ontsteld is oor Beatrice se nuwe gas. Saartjie bring ʼn kêrel huis toe. Janice probeer hard om haar taak te voltooi, al wil sy met alle mag huis toe gaan. Desmond gee vir Bompie opdrag om Langes weer in hul besigheid terug te trek.

Donderdag 22 Februarie

Bianca sukkel nog met die feit dat Saartjie ʼn kêrel het. Kyle wonder of spyt te laat gekom het. Janice sit haar ondersoek voort in die Galant-huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ore ·

Ek kyk graag sepies want mense se optrede interesseer my, al is dit in flieks / sepies. Skrywers besef dalk nie altyd hoe ‘m langdradige gebeurtenis kykers begin irriteer nie. Naomi se smart raak erg, die hele hartoorplanting kan dalk voornemende skenkers / donateurs afskrik want hoe kan ‘n ander hart nou denke beivloed? Ja, Naomi het beginsels maar haar treurmare is erg.
Die aanneem episode met Danni en Syia. Dis nie hoe dit werk nie. Ons het deur die aannemingsproses self gegaan. Na twee uitmergelende jare is die proses afgehandel. Geen maatskaplike werker het die mandaat om net ‘n kind af te gee nie. Hierdie deel het negatiewe effek op voornemende aanneem ouers. Die ander sepies se storielyne is maar vervelig

George ·

@Ore, dis op so stadium dat ek net hoop daai hart verwerk haar, en ons is ontslae van haar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.