Sepiegids: Sanet terug in ou vlam se arms in “Diepe waters”; Karelse help soek na Kyle in “Arendsvlei”

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Kyle (Dries Botha), Janice (Chrystal-Donna Roberts) en Lionel (Jody Abrahams) in “Arendsvlei”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 4 Maart

Delia besef sy het Liam se gevoelens seergemaak. At stem nie saam met Conrad se besluit nie, en Tertius is agterdogtig. Annetjie voel onseker, en Uys doen nie veel om te help nie.

Dinsdag 5 Maart

At wek die indruk dat hy aan Tracy se kant is, en sy wil nie die land verlaat nie. Louis is kwaad vir Delia, en Naomi praat Annetjie moed in. Uys en Bonnie bespreek moontlike romanse in Binneland.

Woensdag 6 Maart

Conrad is vasberade om te kry wat hy wil hê. Bonnie stoomroller ʼn kollega, maar darem met goeie bedoelings. Delia kry nie die ondersteuning wat sy verwag en voel sy verdien nie.

Donderdag 7 Maart

Tracy maak haar hart teenoor Lukas oop en Tertius stel ʼn ultimatum aan Conrad. Delia bedank Liam vir sy hulp en ʼn misverstand met ʼn skoonheidsproduk skep groot probleme.

Vrydag 8 Maart

Tertius vind uit van Conrad en At se jongste veldtog teen hom, Rian bevraagteken Delia se gevoelens jeens Liam, en Annetjie sukkel om nog ʼn teleurstelling te verwerk.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 4 Maart

Mymoena ervaar innerlike konflik, terwyl Tim se roekelose optrede hom in die kookwater laat beland. Ty gee vir Siya raad om dinge tussen hom en Danni reg te maak, maar gaan hy luister?

Dinsdag 5 Maart

Danni wil vir ʼn ruk geen kontak hê nie, maar Siya het ander planne. Angie en Wade word nie by die huis wakker nie, terwyl Tim nuwe dryfkrag het.

Woensdag 6 Maart

Die spanning tussen Danni en Siya loop hoog, terwyl Mymoena vir Sammy ontstel. Tim kry goeie nuus, en Angie en Wade se video trek baie aandag.

Donderdag 7 Maart

Bridgette is oorgehaal om Marc Galloway in die hande te kry, kom wat wil. Danni en Siya neem ʼn finale besluit ter wille van Brendan, terwyl Mymoena skokkende nuus kry.

Vrydag 8 Maart

Siya en Danni probeer om dinge normaal te hou, maar dis makliker gesê as gedaan. Tim se spel teen Bridgette kry momentum, terwyl Wade en Angie se skielike roem probleme veroorsaak.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 4 Maart

Felicty wurm haar nog dieper in Charity se wêreld in, en Chris reik na Nina uit. Valencia se troukoors neem die Swarts-huis oor.

Dinsdag 5 Maart

Lettie haal haar frustrasies uit op Henry. Charity maak oop oor haar verlede. Sanet is weer terug in die arms van ʼn vorige liefde.

Woensdag 6 Maart

Sanet kies om haar nuwe romanse vir eers geheim te hou. Charity hap terug wanneer Felicity haar verneder. Tshepo beland in die kruisvuur.

Donderdag 7 Maart

Sanet red Henry en Lettie se rampspoedige fotosessie. Dominee Ben wil nie meer sy verhouding met Sanet wegsteek nie.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 4 Maart

Janice en Lee-Roy se ondersoek maak vordering. Karelse raak betrokke by die soektog vir Kyle. Bianca en Saartjie het ʼn uitval oor Danté en sy gewoontes.

Dinsdag 5 Maart

Kyle is bly om veilig terug te wees by Beatrice. Petra gee vir Bianca raad oor Saartjie. Bompie vra vir Desmond uit oor Janice.

Woensdag 6 Maart

Janice lig vir Beatrice in oor wat by die IT-sentrum gebeur het. Cy deel sy opwindende toekomsplanne met sy vriende. Bianca is ontsteld dat Saartjie so ʼn groot keuse gemaak het sonder om haar in te lig.

Donderdag 7 Maart

Janice moet teruggaan na die Galants se huis en almal is diep bekommerd. Die leerders verloor hulle geld op die aanlyn handelsplatform. Danté belowe Bianca dat hy vir Saartjie die beste lewe moontlik gaan gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper ·

In diepe waters is daar te veel stories binne die storie.Sanet behoort by “Fafa” en ds.Ben moet ander weivelde gaan soek.Ooglopend hoort Sanet nie in ‘n pastorie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.