Sonskynkus nuwe speelgrond vir ‘Survivor SA’

Nico Panagio is terug as aanbieder van ‘Survivor SA’. (Foto: Verskaf)

Twintig deelnemers van vorige seisoene van Survivor SA gaan in dié reeks se jongste aflewering ʼn tweede kans kry om vir die R1 miljoen-prysgeld mee te ding.

Survivor South Africa: Return of the Outcasts is van 18 Julie op M-Net (kanaal 101 op DStv) te sien en aanhangers sal met vier episodes per week bederf word.

Die negende seisoen van die trefferreeks word vanjaar ook wéér plaaslik verfilm nadat die agtste seisoen, Survivor SA: Immunity Island, aan die Wildekus in die Oos-Kaap afgespeel het.

Vanjaar is die Oos-Kaapse Sonskynkus die speelgrond vir ʼn seisoen wat beskryf word as “die warmste seisoen nóg”.

Nico Panagio is ook terug as die gewilde reeks se aanbieder en die volledige lys deelnemers – wat uit ʼn verskeidenheid van Survivor-“uitgeworpenes” van al die vorige seisoene bestaan – sal op Sondag 5 Junie bekendgemaak word.

Maroela Media het vroeër berig dat Nicole Wilmans, ʼn digitale bemarker van Somerset-Wes in die Wes-Kaap, verlede jaar die prysgeld van R1 miljoen in haar sak gesteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Martin ·

Dalk moet Eskom en SAL ook ‘n paar mededingers inskryf hulle behoort goed te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.