Video: Ben Kruger finaal gegroet

Ben Kruger.

Hoewel die geliefde akteur Ben Kruger reeds in Mei vanjaar oorlede is, het hy nog die afgelope drie maande in die kykNET-sepie Binnelanders as oom Okkie Ferreira verskyn.

Oom Okkie het egter Dinsdagaand sy laaste verskyning in die sepie gemaak. kyKNET het in ʼn huldeblyk-video afskeid geneem van Kruger, wat byna ʼn dekade lank dié rol vertolk het.

Ernst Swart, reklamebestuurder vir Binnelanders, sê hoewel dit Okkie se laaste verskyning was, is sy storie nog lank nie klaar nie.

“Hoe skryf ʼn mens ʼn karakter uit ʼn reeks wat reeds bykans nege jaar lank deel geword het van talle kykers se gesinne? Stadig, en baie moeilik,” sê Swart.

Daar wag intussen nog ʼn hele paar kinkels in die kabel op Binnelanders-kykers: Op 1 September vertel Ilse (Hannelie Warren) vir almal hoe Okkie inderhaas Vrystaat toe is om ʼn probleem namens sy seun, Boeta, te gaan oplos. Op 2 September kry sy ʼn baie onverwagse en ontstellende oproep …

kykNET se huldeblyk-video bevat onder meer blapse uit Binnelanders-tonele, ernstige oomblikke en die weergawe van “Soos bloed” wat Kruger saam met Germandt Geldenhuys en Paul Lückhoff opgeneem het.

Kruger het in Mei vanjaar weens Covid-19 by sy huis in Brooklyn, Pretoria, gesterf. Hy was 64 jaar oud.

Kyk na die video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

FranWilder ·

Ek lag nou nog vir sy uitbarsting in Poena is koning. Al wat mens kan doen is mooi praat. Hoe doen n mens dit?

Marcello ·

Baie dankie Ernst Swart , jy is ‘n stêr !!!!!!!!!! dit is ongelooflik mooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.