Ben Kruger, die Binnelanders-akteur wat die rol van Okkie Ferreira vertolk het, is Dinsdag dood weens Covid-19. Hy was 64 jaar oud.
Kruger, wat ook as neef Gert in 7de Laan ʼn draai gemaak het, is in sy huis in Brooklyn, Pretoria, dood.
Suzaan Keyter, bemarkingsbestuurder van kykNET, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Die span van kykNET en Binnelanders is absoluut verpletter,” sê sy.
Kruger het ook rolle gehad in flieks soos Cry, The Beloved Country, Snake Island en Stander.
Verlede jaar het hy die Golden Horn-toekenning vir beste byspeler in ʼn sepie vir sy rol as Okkie Ferreira in Binnelanders gewen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
33 Kommentare
Vaarwel Ben…..ons gaan jou verseker mis!!
Sjo, dis verskriklik harseer!!! Was n baie goeie akteur, altyd so vriendelike gesig!
Jissie dit is ‘n skok, Binnelanders sal defnitief nie dieselfde wees sonder hom nie.
Wat ‘n verlies. Onthou hom nog van “Skooldae” in die ’80’s …….
Dis nou slegte en hartseer nuus. Sal hom altyd onthou vir Skooldae, al het hy baie ander rolle gespeel.