Video: Room van Afrikaanse flieks, TV vereer op rolprentfees

Tobie Cronjé. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Die room van die Suid-Afrikaanse rolprent- en TV-bedryf het Saterdagaand by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) byeengekom om die 11de kykNET Silwerskermfees-toekennings te vier.

Dié rolprentfees vind sedert Woensdag in Kampsbaai plaas. Rolprentmakers, storievertellers en kunstenaars wat voor én agter die skerms doenig was, is tydens ʼn swierige geleentheid vereer vir hul werk in die Afrikaanse vermaakbedryf.

Die Binnelanders-aktrise Cindy Swanepoel en die Frankie en Felipé-ster Solomon Cupido was die aanbieders van die geleentheid. Cindy het ook die toekenning vir beste aktrise in ʼn telenovele of sepie gewen.

Devonecia Swartz. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Nicole Holm, Devonecia Swartz, Bianca Flanders, Nataniël, Riaan van Heerden, Roeline Daneel, Alfred Adriaan en Bertus Basson is ook ʼn handjievol bekendes wat vereer is.

ʼn Emosionele Freek Robinson het ʼn spesiale toekenning ontvang vir sy lewensbydrae en baanbrekerswerk as joernalis in die Suid-Afrikaanse nuuslandskap.

Cedwin Joel, die ikoniese akteur bekend vir sy rol in die kykNET-sepie Suidooster het ook ʼn prys vir lewensbydrae tot die Afrikaanse vermaakbedryf ontvang.

Hiermee die volledige lys van wenners

Rolprente en TV:

Feesgunsteling Straatrotte

Beste ondersteunende rol in ’n dramareeks

Nicole Holm – Donkerbos

Speelfilm: Beste ondersteunende akteur            

Joshwin Dyson – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste ondersteunende aktrise            

Bianca Flanders – Frankie & Felipé

Beste nuweling in ʼn telenovela of sepie

Devonecia Swartz – Arendsvlei

Beste aanbieder: Kookprogram

Alfred Adriaan – Roer!

Beste aanbieder in ʼn leefstylprogram   

Nataniël – Nataniël. Erik. Wolf.

Beste skurk in ʼn telenovela of sepie      

André Odendaal – Binnelanders

Beste aanbieder in ʼn speletjiesprogram

Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr?

Kortfilm: Beste akteur  

Gershwin Mias – Die Blokke

Kortfilm: Beste aktrise 

Roeline Daneel – As

Beste aanbieder in ʼn gespreksprogram

Heindrich Wyngaard – KLOP!

Beste aanbieder in ʼn realiteitsprogram

Bertus Basson – In die sop

Beste akteur in ʼn telenovela of sepie    

Dann-Jacques Mouton – Arendsvlei

Beste aktrise in ʼn telenovela of sepie   

Cindy Swanepoel – Binnelanders

Beste TV-oomblik van die jaar   

Suidooster – Mnr. en Mev. Samsodien se troue

Beste akteur in ʼn komedie         

Desiré Gardner – Magda Louw

Beste aanbieder in ʼn buitelug-aktiwiteitsprogram          

Dewald Visser – Mal kamper

Beste aanbieder in ʼn joernaalprogram 

Hannes van Wyk – Kwêla

Beste akteur in ʼn drama              

Edwin van der Walt – Donkerbos

Beste aktrise in ʼn drama              

Erica Wessels – Donkerbos

Beste TV-film   

Vuurdoop – André Velts Films

Beste ensemble-aanbiederspan

La’t wiel

Beste aanbieder in ʼn aktuele program  

Lourensa Eckard – In gesprek

Beste kortfilm  

’n Doop om stilte

Persoonlikheid van die jaar        

Jonathan Rubain – Koortjies

Speelfilm: Beste regisseur          

Corné van Rooyen – Hans steek die Rubicon oor

Speelfilm: Beste akteur

Pierre van Pletzen – Hans steek die Rubicon oor

Speelfilm: Beste aktrise

Carla Smith – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste speelfilm

Hans steek die Rubicon oor

Lewensbydrae 

Cedwyn Joel

Lewensbydrae 

Freek Robinson

Tegniese toekennings

Speelfilm: Beste produksie-ontwerp     

Dean Abrahams – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste oorspronklike klankbaan          

Edward George King – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste draaiboek        

Elanie Rupping, Bibi Slippers – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste klankontwerp

Tim Pringle – Blindelings

Speelfilm: Beste kinematografie             

Johannes Pieter Nel – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste redigering       

Eva du Preez – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Kortfilm: Beste kinematografie

Alfonzo Franke – Die Blokke

Kortfilm: Beste oorspronklike klankbaan             

Edward George King – Volle bors

Kortfilm: Beste klankontwerp   

Adriaan Drotsché (Audiopimps) – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste redigering          

Johannes Pieter Nel – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste produksie-ontwerp       

Burger Meyer – Karen

Kortfilm: Beste draaiboek           

Roxanne Blaise & Mujaahid Valley – Die Blokke

Kortfilm: Beste regie     

Emilie Badenhorst & Kanya Viljoen – ’n Doop om stilte

Beste dokumentêr         

Besmet

Dokumentêr: Beste regie            

Reginald Hufkie en Frankie Opperman – Langafstand

Dokumentêr: Beste redigering

Adi van der Walt – Besmet

Dokumentêr: Beste klankontwerp          

Call of the Wild – Renier van Niekerk

Kyk hier hoe kuier die bekendes op die Silwerskerm- blou tapyt:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.