Wen: Vier Kersfees saam met kykNET

Die Kersverhaal word vanjaar op ʼn unieke wyse vertel in kykNET se Kersfeesspel.

Die Kersverhaal word vanjaar op ʼn unieke wyse vertel in kykNET se Kersfeesspel, wat voor ʼn regstreekse gehoor opgeneem word.

Bekendes soos Leah, Germandt Geldenhuys, Willem Botha, Early B, Stephanie Baartman, Hamilton Wessels, Lynelle Kenned en André Schwartz is deel van dié produksie.

Geliefde Afrikaanse Kersliedjies word verweef met ʼn teks wat deur bekroonde akteur en dramaturg Wessel Pretorius geskryf is.

André Schwartz behartig die verhoogregie terwyl André Velts vir die televisieregie verantwoordelik is. Bryan Schimmel en Janine Neethling behartig die musiekverwerkings.

Die gehoor kan ook uitsien na ʼn “carols by candle light”-saamsinggeleentheid wat na afloop van die televisieopname plaasvind.

Dié spesiale geleentheid word op Woensdag 30 November in die Mosaïek-teatro in Fairland, Johannesburg, opgeneem en op Oukersaand, 24 Desember, op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Kinders ouer as drie is welkom. “Kersvader gaan ook daar wees en kinders gaan die geleentheid kry om ʼn foto saam met hom te neem,” sê Soné Combrink, uitvoerende vervaardiger van die kykNET Kersfeesspel.

“kykNET wys ook waar hulle hart lê en vra die gehoor om speelgoed saam te bring wat later aan behoeftige kinders geskenk gaan word.

Kaartjies vir die kykNET Kersfeesspel kos tussen R150 en R220 en is beskikbaar by iTickets.

Wen: Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn kaartjie vir ʼn gesin van vier lede na die kykNET Kersfeesspel wen. Die geleentheid vind op Woensdag 30 November in die Mosaïek-teatro in Fairland, Johannesburg, plaas. Skryf in deur die kompetisievorm in te vul. Die kompetisie sluit op Donderdag 24 November om middernag. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die geleentheid vind op Woensdag 30 November plaas.
  • Die wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum van die kompetisie plaasvind waarna Maroela Media per e-pos en/of telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Die wenner sal ook op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.